121 IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS? GESONDHEID v&a Articles www.voelgoed.co.za

IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS?

Of jy dit nou gebruik om soggens wakker te word, smiddae wakker te bly, of sommer net as 'n verskoning om uit die huis te kom en saam met vriende te kuier, koffie is wêreldwyd miljoene mense se gunstelingdrankie.

2009-05-27Ashleigh Caradas

Alhoewel dit aanvanklik in Arabië gebruik is as ’n energiedrankie, het die ryklik gegeurde brousel van die koffieboon kort voor lank ’n wêreldwye fenomeen geword.  Dis veral die kafeïen se buiveranderende eienskappe wat dit so gewild maak. Mag jy dus nog skuldvry drink aan jou daaglikse dosis?

Die kafeïeneffek

Omdat kafeïen ’n direkte uitwerking op die senuweestelsel het, kan dit lei tot gedragsversteurings soos senuweeagtigheid, angstigheid en selfs paranoia.

Studies toon aan dat gereelde kafeïeninname jou cholesterolvlakke kan verhoog. Verder is daar onlangs bevind dat koffie jou homosistienvlakke kan laat styg (’n chemikalie in die bloed wat geassosieer word met hartsiektes).

By vroue kan hoë kafeïeninname lei tot ’n afname in beendigtheid en vrugbaarheid en ’n verergering van PMS-simptome.

Daar is darem nie net slegte nuus nie, en die koffieboon nie heeltemal waardeloos nie. Dit is bekend dat tee ryk is aan reinigende antioksidante, maar onlangse studies het getoon dat koffie ook ’n uitstekende bron is hiervan. Die belangrikste koffie-antioksidant wat geïdentifiseer is, is chlorogeniese suur wat ’n groot bydrae lewer tot antioksidante in die dieet.

Asmalyers kan ook baat by matige inname en koffie kan gebruik word om hewigheid van aanvalle te verminder. Indien dit gedrink word voor oefening, kan kafeïen help met vetverbranding, en vertoning en uithouvermoë in atletiek. Dit kan jou geheue en konsentrasie verbeter.

Kafeïenvrye keuses


Baie mense dink dat kafeïenvrye koffie beter is. Dit is waar – die kafeïenvlak is laer, maar studies toon dat kafeïenvrye koffie kan lei tot ’n groter toename in LDL-cholesterol (die slegte tipe) as gewone koffie. Plaasvervangers van sigorei en ander grane is wonderlike kafeïenvrye alternatiewe en hulle smaak amper nes die ware Jakob. ’n Koppie kafeïenvrye kruietee (rooibos, peperment of kamille) is ook ’n gesonde alternatief.

Reëls vir koffie-inname

  • As jy koffie drink, beperk jou kafeïeninname tot 300 mg (gelyk aan een tot twee koppies koffie) per dag.
  • Indien swanger, vermy kafeïen of beperk tot een koppie per dag.
  • Moenie oormatig koffie drink indien jy ly aan, of die gevaar loop om osteoporose op te doen nie.
  • Moenie oormatig koffie drink as hartsiektes by jou ’n risiko is nie.
  • Moenie oormatig kafeïenvrye koffie drink as jy hoë cholesterolvlakke het nie.
  • Moenie oormatig koffie drink as jy simptome van PMS toon nie.
  • Diabete moet versigtig wees met hulle koffie-inname, aangesien die gevolge op diabete nog nie ten volle bepaal is nie.
  • Vermy insomnia deur nie na middagete koffie te drink nie.
  • Moenie ’n ete vervang met ’n koppie koffie nie. Dit skerp ’n vals wakkerheid en verlaag jou bloedsuikervlakke.
  • Sorg dat jy soms ’n koffielose dag het, om sodoende verslawing teen te werk.



argief

  • HOE VOORKOM EK KANKER?

    Jy kan iets doen om jou kankerrisiko te verminder deur ons omvangryke leefstylgids te volg.
  • WERK STAP WERKLIK?

    Om beurtelings te stap en te draf is 'n uitstekende manier om fiks en slanker te word. Draf plaas egter dubbel soveel stremming op...
  • HOE HANTEER MENS SPROEI?

    Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter h...
  • HET JY IETS VERGEET?

    Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Verg...
  • SLAAP SONDER FRUSTRASIE?

    Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagr...
  • IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS?

    Of jy dit nou gebruik om soggens wakker te word, smiddae wakker te bly, of sommer net as 'n verskoning om uit die huis te kom en saam me...
  • HOE KAN EK MY MONDKWALE SELF BEHANDEL?

    Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake n seer en sensitiewe kwessie is. n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal n...
  • VERGEET-VOLLE DAE?

    n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.
  • GESOND VIR ANDER?

    “Onthou, as jy ooit n helpende hand nodig het, dis aan die punt van jou arm, en soos jy ouer word, onthou dat jy n ander hand ook h...
  • KAN LIEFDE JOU GESOND HOU?

    Elke dag is n tyd vir liefdevolle samesyn … Dit is ook die perfekte tyd om te vergewe en te vergeet en met nuwe oë vol...
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]