HOE KAN EK MY MONDKWALE SELF BEHANDEL?
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake ’n seer en sensitiewe kwessie is. ’n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal nie, want die lewe is te duur. Daarom moet ons soms die probleem self probeer oplos ...
2009-05-27Annelien Nolte
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake ’n seer en sensitiewe kwessie is. ’n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal nie, want die lewe is te duur. Daarom moet ons soms die probleem self probeer oplos ...
2009-05-27Annelien Nolte
HAAL DIE EINA UIT KOORSBLARE
Mens kry altyd koorsblare op die onmoontlikste tye en dit laat nie net jou lippe aaklig lyk nie, maar is ook ’n ongemaklike en pynlike storie. Speel só klaar met koorsblare:
SMEER
Melissaroom of Tea Tree-olie twee tot vier keer per dag aan die koorsblaar. Navorsing het bewys dat dit help om van die branderigheid ontslae te raak en ook die gesondwordproses bespoedig.
VERMY
Sjokolade, Coke en neute. Hierdie kossoorte is ryk aan arginiene, ’n aminosuur wat die virus help om te groei.
SIT
ys op die koorsblaar. Dit help om van die pyn ontslae te raak en help ook dat die seer nie verder ontwikkel nie.
PROBEER
’n teesakkie. Tee bevat tanniensuur wat help om die verspreiding van fungus te voorkom. As jy ’n warm teesakkie op die are sit waar ’n koorsblaar vorm, sal die koorsblaar nie groter word nie en vinniger verdwyn.
Sus sensitiewe tande
Laat té warm of té koue drankies jou deur die dak spring van pyn? Hier is kitskure vir sensitiewe tande:
? Kies ’n tandeborsel met ekstra sagte haartjies en probeer om nie horisontaal te borsel nie, want dit kan die wortelkanaal beskadig.
? Gebruik tandepasta wat spesiaal geformuleer is vir sensitiewe tande.
? Vermy goed wat pyn stimuleer. Roomys, koffie, suur kosse en kos wat suur bevat soos wyn en sap veroorsaak dikwels dat sensitiewe tande erg pyn.
? As jy agterkom dat jy op jou tande kners, kry ’n natuurlike middel om jou te laat ontspan of ’n bytplaatjie by jou tandarts. Dit is ’n groot oorsaak van sensitiewe tande.
Sê nee vir gaatjies
As jy geneig is om maklik gaatjies in jou tande te kry, moet jy baie versigtig te werk gaan om die probleem op te los:
Borsel jou tande twee keer per dag ... dit is regtig noodsaaklik, nie net vir gesonde tande nie, maar ook vir ’n vars asem. Deur gereeld te vlos verhoed jy ook dat plaak aan jou tande vasklou.
Spoel met ’n mondspoelmiddel ... deur jou mond een maal per dag deeglik uit te spoel met ’n antibakteriese middel verhoed jy dat daar enige bakterieë in die mond kan versamel.
Gebruik ’n kalsiumaanvulling ... tande wat bros is en maklik breek, dui gewoonlik op ’n tekort aan kalsium wat bene laat verbrokkel. Deur gereeld ’n aanvulling te drink kan jy jou tande sterk en gesond hou.
Kry ’n goeie tandepasta ... mens kry baie voorgeskrewe tandepasta wat spesiaal geformuleer is om die ontstaan van gaatjies te verhoed. Vra vir jou tandarts om dit vir jou voor te skryf.
Gaan gereeld tandarts toe ... as jy seker maak dat jy elke ses maande by die tandarts uitkom, is daar geen rede hoekom jy nie ook met ’n miljoen-doller-glimlag kan spog nie.
argief
HOE VOORKOM EK KANKER?
Jy kan iets doen om jou kankerrisiko te verminder deur ons omvangryke leefstylgids te volg.WERK STAP WERKLIK?
Om beurtelings te stap en te draf is 'n uitstekende manier om fiks en slanker te word. Draf plaas egter dubbel soveel stremming op...HOE HANTEER MENS SPROEI?
Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter h...HET JY IETS VERGEET?
Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Verg...SLAAP SONDER FRUSTRASIE?
Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagr...IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS?
Of jy dit nou gebruik om soggens wakker te word, smiddae wakker te bly, of sommer net as 'n verskoning om uit die huis te kom en saam me...HOE KAN EK MY MONDKWALE SELF BEHANDEL?
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake n seer en sensitiewe kwessie is. n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal n...VERGEET-VOLLE DAE?
n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.GESOND VIR ANDER?
“Onthou, as jy ooit n helpende hand nodig het, dis aan die punt van jou arm, en soos jy ouer word, onthou dat jy n ander hand ook h...KAN LIEFDE JOU GESOND HOU?
Elke dag is n tyd vir liefdevolle samesyn … Dit is ook die perfekte tyd om te vergewe en te vergeet en met nuwe oë vol...


.jpg)




.jpg)

















