VERGEET-VOLLE DAE?
’n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.
2009-04-08Amy Fairbrother
’n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.
2009-04-08Amy Fairbrother
’n Program wat deurmekaar loop, vergete verjaardae, ’n moedelose kind wat vir jou wag, ’n wasmasjien sonder waspoeier en ’n gevoel van ek-is-niemeer- in-beheer-nie hoef nie jou voorland te wees, net omdat die jare aanstap nie. Met kennis, die regte kos en ’n aanvulling of twee kan jy weer vlymskerp van alles onthou.
Die belangrikste chemikalie vir geheue is asetielcholien – dit klink miskien vir die meeste van ons net na nog ’n groot woord, maar dit is nogtans een wat ons moet probeer onthou (dis nie ’n grappie nie). Diegene wat ’n tekort aan hierdie chemikalie het, ondervind ’n afname in hul geheue en is die kollega wat elke nou en dan haar kollega se naam sal vergeet.
Die meeste doeltreffende aanvullings wat onomwonde bewys het dat dit ’n beduidende uitwerking op geheue het, is of ’n voorloper vir die samestelling van asetielcholien of hulle vervoer die asetielcholien na die sel.
DIE BOUSTENE
(van asetielcholien)
Onthou jy nog hoe jou ouma gesê het jy moet vis eet voor ’n eksamen omdat dit goed is vir die brein? Dit was nie ouvroustories nie … Die belangrike goed wat jou brein nodig het om behoorlik te funksioneer, word dikwels in vis aangetref! Asetielcholien bestaan uit die voedingstof, cholien, wat in vis en eiers voorkom.
By die Duke Universiteit se mediese sentrum is hoë dosisse cholien aan dragtige rotte gevoer en die resultaat het getoon dat hul kroos benydenswaardige breine gehad het. Navorsing het ook bewys dat hoë dosisse cholien volwasse geheue kan verbeter – en jy dog daar is nie hulp vir jou nie!
Daar is ook bewys dat ’n voorloper vir cholien, DMAE, wat volop in vis soos sardientjies en ansjovis is, ’n voordelige uitwerking het op wakkerheid, geheue, konsentrasie en aandagtyd. Die voordeel van hierdie middel is dat
dit vinniger by die breinselle uitkom.
DIE TAXI
(transport na die brein)
Die aflewering van asetielcholien aan breinselle maak staat op taxi’s (reseptorareas rondom selrande) om te help met vervoer. Twee belangrike taxi’s is: PS (“phosphatidylserine” – toemaar jy hoef nie dié groot woord te onthou nie) en DHA (’n omega-3-vetsuur). PS-aanvullings verbeter gemoedstemming, geheue, vermoë om te leer en konsentrasie – hierdie stof word deur ons liggame vervaardig, maar moet nog steeds aangevul word deur dieet.
Die tweede taxi wat genoem behoort te word, is DHA, ’n omega-3-vetsuur wat in salm en tuna voorkom. Jy is seker teen dié tyd al moeg van luister na die wonderwerking van omega-vetsure, maar hul voordele vir jou gesondheid kan nie genoeg beklemtoon word nie – veral wanneer dit gaan om die funksionering van jou brein.
Diegene met hoë vlakke DHA in hul bloed het ook hoë vlakke asetielcholien in die brein. ’n Bykomende voordeel van DHA is dat dit ook help met depressiesimptome.
GEWONE VERDAGTES
(vitamiene en minerale)
Vitamiene en minerale is nodig vir alle prosesse in die liggaam en so ook vir die geheue. Die belangrikste vitamiene is die B-vitamiene. Hier is hul funksies:
- B3 - Verbeter geheue
- B5 - Verbeter geheue en wakkerheid
- B6 - Help om neuro-oordraers te vervaardig
- B12 - Versnel die leertempo van rotte
- Folaat - Help om suurstof aan die brein te lewer
Wat beteken dié inligting vir jou?
- Wend ’n daadwerklike poging aan om meer gereeld vis te bedien – jou geheue sal nie net verbeter nie, maar jou kinders sal begin presteer op skool en wie weet ... jou man sal miskien uiteindelik jul huweliksherdenking onthou!
- Maak seker dat jy en jou gesin ’n goeie multivitamien neem wat al die B-vitamiene en noodsaaklike minerale bevat.
- Probeer om ’n omegavetsuuraanvulling te kry wat vir jou werk.
argief
WERK STAP WERKLIK?
Om beurtelings te stap en te draf is 'n uitstekende manier om fiks en slanker te word. Draf plaas egter dubbel soveel stremming op...HOE HANTEER MENS SPROEI?
Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter h...HET JY IETS VERGEET?
Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Verg...SLAAP SONDER FRUSTRASIE?
Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagr...IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS?
Of jy dit nou gebruik om soggens wakker te word, smiddae wakker te bly, of sommer net as 'n verskoning om uit die huis te kom en saam me...HOE KAN EK MY MONDKWALE SELF BEHANDEL?
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake n seer en sensitiewe kwessie is. n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal n...VERGEET-VOLLE DAE?
n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.GESOND VIR ANDER?
“Onthou, as jy ooit n helpende hand nodig het, dis aan die punt van jou arm, en soos jy ouer word, onthou dat jy n ander hand ook h...KAN LIEFDE JOU GESOND HOU?
Elke dag is n tyd vir liefdevolle samesyn … Dit is ook die perfekte tyd om te vergewe en te vergeet en met nuwe oë vol...SAL PANADO HELP?
Mediese koste in vakansieplekke is waarskynlik hemelhoog en dis nie lekker om ’n onbekende dokter te besoek nie.























