wat DIE BYBEL sê oor...
WAT DIE BYBEL SÊ OOR … GETROUD WEES
Partykeer sê mense dat indien ’n meisie seks met ’n man gehad het, hulle in der waarheid in God se oë getroud is ...
2010-08-31Hennie Stander
Partykeer sê mense dat indien ’n meisie seks met ’n man gehad het, hulle in der waarheid in God se oë getroud is ...
2010-08-31Hennie Stander
Die saak is egter nie so eenvoudig nie. Seks alleen impliseer geen lewenslange en emosionele verbintenis tot mekaar nie. Wanneer ’n gesellin gemeenskap met haar kliënt het, is daar nog geen sprake van ’n huwelik nie. ’n Huwelik gaan nie net oor die kortstondige koppeling van twee liggame nie, maar wanneer twee mense op ’n permanente basis hulle algeheel aan mekaar toewy. Dink aan Josef wat geen seks met Maria gehad het voordat Jesus gebore is nie. Nogtans sê Matteus dat Josef en Maria getroud was (Matt. 1:24-25).
Kerke verskil oor presies wanneer ’n mens van ’n huwelik kan praat. Die Katolieke Kerk was al bereid om ’n huwelik te ontbind as die seksdaad nog nie voltrek is nie. Die argument is dan dat as daar nie seks is nie, daar ook nie van ’n huwelik sprake kan wees nie. Protestante glo oor die algemeen dat ’n paartjie getroud is wanneer hulle, hulle trou aan mekaar tydens ’n erediens beloof. En dan is daar ’n derde groep wat glo dat wanneer ’n paartjie saamwoon, hulle wel getroud is in die oë van God.
’n Paartjie is nie getroud bloot omdat hulle seks het nie. Om getroud te wees beteken dat jy jouself so ten volle aan die ander persoon oorgee dat dit selfs alle ander lojaliteite oorskadu. Daarom dat die Bybel ook vertel dat die mans sy vader en moeder verlaat om saam met sy vrou te lewe (Gen. 2:24). Jesus sê ook aan die Samaritaanse vrou dat die man met wie sy op daardie stadium ’n seksuele verhouding gehad het, nie haar man is nie (Joh. 4:17-18). Dit is waar dat die Bybel ons nie vertel dat Adam en Eva enige moderne huweliksbeloftes aan mekaar afgelê het nie. Maar Adam se woorde “sy is been van my gebeente en vlees van my vlees” dien eintlik dieselfde doel. Dit is ’n openbare verklaring van toewyding aan die lewensmaat wat God hom gegee het.
Seks alleen skep nie ’n huwelik nie, maar dit kan ook nie van die huwelik losgemaak word nie. Daardie huweliksbelofte van trou en die seksuele verbintenis daarna is fyn ineengeweef.
argief
VOORSPOED – BEPERK TOT ’N SEKERE GROEP MENSE?
In die Ou Nabye-Ooste was daar baie leraars wat nagedink het oor die sin van die lewe. Hulle het geglo dat God die wêreld so geska...TIEN PERSENT VIR DIE KERK
Oor die gee van tiendes kan daar nogal heftig geredeneer word. Moet 'n Christen regtig 'n tiende van al sy inkomste gee? En moet d...OMRING DEUR ADVERTENSIES
Advertensie en propaganda is nie moderne konsepte nie. Al het die antieke wêreld nie dieselfde media tot hul beskikking gehad as w...TATOEËERMERKE
Dit lyk of sommige jongmense nogal daarvan hou om prentjies op hulle enkel of skouer te laat tatoeëer. Dan wonder hulle ouers...MEDITASIE
Christene wonder dikwels of hulle mag mediteer, omdat daar so 'n sterk assosiasie tussen meditasie en die Oosterse godsdienste is.BOEDDHA-BEELDE
'n Vrou wat lank in die Ooste gewoon het en baie aandenkings daarvandaan af saamgebring het, wil weet of dit waar is dat wanneer d...WAARNEMINGS / VOORSPELLINGS
Die antieke mense het fyn waargeneem. Hulle het onder andere gesien dat sekere dinge op die aarde deur hemelliggame beïnvloed wor...MENSE WAT DIE TOEKOMS KAN SIEN
God verbied sy kinders om na enige siener, waarsêer, fortuinverteller, spiritis of medium te gaan (Lev. 20:6; Deut. 18:10 e.v.).OOR PAK SLAE
Mense is lief om Spreuke 13:24 aan te haal as bewys dat die Bybel sê dat 'n mens jou kind 'n pak slae moet gee.DIE MAAK VAN SKULD
Romeine 13:8 sê: "Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê." Beteken dit dat die ...

voelgoed
gemeenskap
|
manlief.co.za
bittersoetboek.co.za
soetgoedvirdiesiel.co.za |

.jpg)