GEES tips
WAARDEVOL OF WAARDELOOS?
Voel jy waardeloos? Dink ’n bietjie aan die oomblik wanneer ’n baba gebore word ... dis ’n wonderwerk.
2010-08-31
Voel jy waardeloos? Dink ’n bietjie aan die oomblik wanneer ’n baba gebore word ... dis ’n wonderwerk.
2010-08-31
Jou waarde is kleintyd al bepaal
Voel jy waardeloos? Dink ’n bietjie aan die oomblik wanneer ’n baba gebore word ... dis ’n wonderwerk. Almal wil die baba vashou en bewonder. Al kan die baba geen bydra lewer – behalwe huil, eet, slaap en ... doeke blerts – nie, weet almal sy is waardevol. Nes jy, toe jy ’n baba was.
Maar soos jy grootword, word jou waarde in twyfel getrek. Jy word aan jou bydraes en prestasies gemeet. Vreemd, want net na jou geboorte, toe jy hulpeloos was, is jy sonder voorbehoud na waarde geag. Hoekom gebeur dit? Met jou geboorte het almal onbewustelik geweet jy is waardevol, want jy is na God se beeld geskep. Maar stelselmatig word God se waarheid vervang met menslike “waarhede” en standaarde. En dis ’n fout.
So, jy is té vet?
Is jy ook so? Jy dink dat jou lewe betekenis sal hê wanneer jy:
- jou doelgewig bereik het
- op ’n sekere manier lyk
- sekere prestasies behaal het
- met die “regte” man getroud is.
En totdat dit gebeur, gaan jy meestal met trane van ’n teepartytjie af terugkeer. Want jy kon sien hoe die ander vroue op jou neerkyk ...
As jy Jesus toelaat, sal hy jou waarde as mens herstel. Dis ’n leuen dat jy deur jou “waarde in die wêreld” liefde moet verdien, al is dit wat die wêreld graag wil hê jy moet glo. In Jesaja 61:1-3 beloof God om ons deur Jesus van hierdie laste te bevry en ons van die verwoesting daarvan te genees.
Ek is, ek is nie, ek is, ek is nie ...
Dalk doen jy dit ook heeldag. Meet jouself: ek is waardevol, ek is nie, ek is waardevol, ek is nie ... En jy doen dit meestal na gelang van hoe ander mense teenoor jou optree. Word jy vriendelik gegroet: plus een. Word jy afgejak: minus een. En hulle gedrag het heel moontlik meer met hulle bui te make as met jou!
Verder probeer jy aan al die “regte” dinge deelneem en meng graag met mense wat “goed genoeg” is. Wanneer jy gerieflik tussen al die “in” dinge is, voel jy oukei: Ek is mooi en slim genoeg vir mense om by my te wil wees. Maar die ontnugtering is nogal groot. Want jy meet jouself aan die verkeerde stel standaarde. God gebruik ’n ander manier ...
Hoe kom jy bo?
As ek nie goed genoeg is om bo ander uit te styg nie, bring ek hulle net af op my vlak en selfs laer deur hul foute uit te lig en hulle in ’n swak lig te stel. Ek móét waardevol wees, al beteken dit ek moet ander mense verneder en verkleineer.
Maar God het gesê jy is waardevol omdat jy mens is – geskape na sy beeld. Ongeag die feit dat jy omring is met “bewyse” uit jou lewe van kindsbeen tot vandag dat jy nie waardevol is nie, is dit alles ’n leuen. Net dit wat God sê, is waar. Jou verlossing lê in die ontdekking van die waarheid van God. Net Jesus kan jou hiermee bedien – en Hy is báie goed daarmee!
argief
MINDER KOS, MEER BEHEER
Haar tienerjare is oorskadu deur 'n obsessie met kos. Toe sy dit nie langer kon beheer nie, was selfmoord die enigste uitweg. 'n O...LAAT JOU TRANE LOOP
Om te huil oor iets wat jou hart raak, is beslis nie 'n teken van swakheid nie. Jesus het self op n dag oor sy vriend Lasarus se d...DIE ANDERKANT
Ek vind dit vreemd dat soveel mense 'n beheptheid met “die ander kant” het. Baie meer boeke verkoop tans oor die lewe na die ...AANVAARDING, TOT DIE EINDE TOE
Om jou kind aan Vigs af te staan is 'n bitter pad om te stap. Maar vir n ma bly haar kind, altyd net kind. En soos Leanne, sal n m...VAN PERFEK TOT PLESIER
Adele Grant is 'n ma wat voor haar seuntjie se geboorte 'n pynlike perfeksionis was.TEN SPYTE VAN
Die feit dat hy as kwadrupleeg, vir die res van sy lewe in n rystoel vasgekluister sal wees, kon nie dié liefde keer nie. Marli Swa...GELOOF IS VIR ONS GENOEG
Kan mens jou lewe, jou besluite, slegs op geloof baseer? Gary en Rhona Kieswetter het dit jare gelede begin doen – en is nie...GEESTELIKE VERNUWING
Die Olimpiese swemmer, Marianne Kriel, is geskei na 'n huwelik van 'n jaar. Om te skei was destyds die beste keuse wat sy kon maak...VERKRAG, MAAR NIE GEBREEK NIE
Die lewe deel iewers langs die pad aan ons almal 'n paar klappe uit. Dan het jy 'n keuse: Om n oorwinnaar te wees óf om 'n slagoffe...VAN WOEDE NA WOORDE
"Ander het dit 'n tragedie genoem; selfmoord tot die derde mag. Ek het dit gesinsmoord genoem. Ek het agtergebly met vier kin...

voelgoed
gemeenskap
|
manlief.co.za
bittersoetboek.co.za
soetgoedvirdiesiel.co.za |

.jpg)