OUERSKAP a-z
HOE OM JOU KIND GELUKKIG TE MAAK …
Meer as T-hemde en tekkies, veel meer én op ’n ander vlak, is nodig om kinders werklik gelukkig te maak.
2010-08-31Attie Steyn

Hier is tien wenke wat kan help:
Kweek respek by jou kinders – Kinders met respek vir hulle ouers weet wat van hulle verwag word, want die verwagtinge is konsekwent.
Effektiewe hantering van emosies – Kinders moet leer om hulle eie gemoedstemming te verstaan en dit effektief te hanteer.
Praat oor dit wat regtig saak maak – Uitdrukkingsvermoë gaan nie oor maklik of baie praat nie, maar oor die vermoë om te praat oor dit wat regtig saak maak: gevoelens, vriende, frustrasies, wense en drome.
Moenie elke “in-ding” volg nie – Leer jou kind om nie bloot ’n volger van mode of die nuutste “in-ding” te wees nie, maar eerder self ’n leier en skepper daarvan te wees.
Sosiale vaardighede – Met ouers se bevestiging kry kinders die selfvertroue wat nodig is om hulleself te handhaaf.
Ontdek jou kind se passies – Kinders se ingebore entoesiasme moet lewend gehou word. Leer jou kinders om hulle passies uit te leef.
Deursettingsvermoë – Kinders moet leer dat toegespitse aandag tot sukses lei. Om te volhard en te bemeester is belangriker doelwitte as verskeidenheid.
Leer jou kind om van haar liggaam te hou – Help jou kind om te aanvaar hoe hy of sy lyk – obsessies oor voorkoms dra by tot verder afwykings wat skade kan veroorsaak.
Spanwerk – Kinders moet die basiese reëls van groepdinamika leer sodat hulle goed met ander in ’n groep kan saamwerk sonder om hulle eie identiteit te verloor.
Leer om “dankie” te sê – Kinders moet geleer word om met dankbaarheid en waardering raak te sien wat hulle ouers en ander mense vir hulle doen.
argief
HOE OM HARDKOPPIGE KINDERS TE HANTEER
Sy is koppig en moeilik en altyd reg om dwars te trek. Hoe help jy jou eiesinnige kind om te blom – sonder dat jý kop...HOE VEILIG IS JOU KIND HIERDIE MAAND?
Oor minder as 'n week sluit die skole en dan is ons land se kinders vir 6 weke op vakansie weens die Sokker Wêreldbeker.MAAK JOU KINDERS STERK
Is jou kind regtig gereed om die stampe en stote van die lewe te hanteer? In 'n onvoorspelbare wêreld is dít een van die beste v...MAAK JOU HUIS ’N TUISTE
"Waarom bring my kind nooit haar vriende huis toe nie?" wonder jy. Hier is 'n paar kreatiewe aanpassings waarmee jy kan verseker d...KWEEK RESPEK BY JOU KIND
Voorletters uitkerf op bome, 'n gevloek, 'n laatkommery en smalende aanmerkings oor ander kulture is maar enkele voorbeelde van di...AANVAAR DIE BRUID
Jou seun wil trou … maar hoe gemaak as jy nie tevrede is met sy keuse vir 'n bruid nie?JOU KIND AS JY SKEI
Vir jou is egskeiding 'n uitkoms ná 'n ongelukkige huwelik, maar hoekom voel jou kinders dan so skuldig?GRENSE VIR KINDERS
Die meeste kinders smag na groter vryheid in byna alles wat hulle doen. Maar wat moet wanneer toegelaat word?JOU KIND SE WOEDEBUIE
Ouers ontlok dikwels onbeheerbare woedebuie by hulle kinders. Met hierdie vier eenvoudige wenke kan jy dit voorkom…BREEK DIE BEDERFSIKLUS
Om duur skoene te koop of gedurig vir jou kind verskoning te maak mag heel onskuldig klink. Maar oormatige bederf kan ook langterm...

voelgoed
gemeenskap
|
manlief.co.za
bittersoetboek.co.za
soetgoedvirdiesiel.co.za |

.jpg)