SEKS tips

SIT DIE "I" TERUG IN INTIMITEIT!

Baie paartjies sukkel om ’n sterk en emosioneel hegte verhouding te ontwikkel en in stand te hou.

2010-08-31Hennie Stander

Virginia Woolf beskryf intimiteit as ’n “difficult art”. Baie dikwels is ’n gebrek aan seksuele intimiteit toe te skryf aan die gebrek aan dieper emosionele intimiteit.

Wat behels intimiteit?

Intimiteit is ’n kwessie van kwaliteit en nié kwantiteit nie. Net jy kan besluit om te werk aan intimiteit met jouself en jou huweliksmaat. Om 24 uur van die dag saam te wees, beteken nie noodwendig intimiteit nie. Intimiteit beteken dat die twee minute of tien ure wat julle saam het, goeie, vervullende en kwaliteittyd is.

Wat is die kenmerke van intimiteit?

Intimiteit impliseer ...

•    Respek vir mekaar se persoonlikhede en gevoelens.
•    Eerlikheid met jouself en met die ander persoon.
•    Dat jy risiko’s sal neem.
•    Gesamentlike besluitneming waarvoor tweerigtingkommunikasie nodig is.
•    Elke persoon se reg tot individualiteit.
•    Deel, met ander woorde, gee en neem.
•    ’n Vaste verbintenis tot mekaar en tot die verhouding.
•    Buigsaamheid en die vermoë om aan te pas.
•    Dat jy jou waardes deel, en na die waardes van die ander persoon luister.
•    Dat julle, julle behoeftes  binne die seksuele verhouding openlik en eerlik sal deel en ook bereid sal wees om julle vrese of voorbehoude openlik en eerlik sal deel en ook bereid sal wees om julle vrese of voorbehoude met betrekking tot die seksuele met mekaar te deel.

Hoe om seksuele intimiteit in die verhouding te verbeter

Werk saam aan die volgende:

•    Neem saam ’n vaste wilsbesluit om mekaar onvoorwaardelik lief te hê en verbind julleself tot ’n monogame huwelik.
•    Kom ooreen om net die waarheid te praat oor alles wat met julle gebeur en oor julle gevoelens. Geen geheime nie!
•    Kom ooreen om enige afleidings van buit tot ’n minimum te beperk. Dit beteken dat julle ook ekstra werk na ure tot ’n minimum sal beperk.
•    Kom ooreen om so veel as moontlik kwaliteittyd alleen saam te spandeer.
•    Kom ooreen om mekaar te vertroetel en op mekaar se behoeftes ingestel te wees. Dit beteken nie-seksuele fisiese kontak, massering, drukkies en soentjies.
•    Kom ooreen dat nie een van julle twee iets sal doen wat julle nie wil doen nie.
•    Kom ooreen dat die liefdesspel onmiddellik gestaak sal word as een persoon enige angs, pyn of ongemak verduur.
•    Sê wat jy bedoel en bedoel wat jy sê.
•    Onthou jou maat kan nie gedagtes lees nie. Kom ooreen om openlik en eerlik behoeftes te deel.
•    Gebruik ek-boodskappe. “Wanneer jy ... voel ek ... omdat ...”

Onthou, intimiteit is ’n juweel binne die huwelik!

Kommentaar

gesels saam


argief

argief

soek op voelgoed

voelgoed

cafe

 

Ons Bootcamp gaan die maand oor 29 dae na geluk. Dink jy geluk kan in 29 dae verander? Kan so boekie regtig ’n verskil maak?

'n nuwe

jy!


Wil jy weet hoe om van so-so na SO SEXY te verander? Vind ’n splinternuwe jy!

in die nuutste

finesse

 


Versamelstuk! Dit is ons 150ste uitgawe!
Jou eie dieet - kies waarvoor JY lus is en skud kilo's af
Vuurwarm haarstyle waaroor jy mal sal wees!

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]

 

voelgoed

RSS

   www.nuus24.com

   www.DStv.com

   www.computicket.com

voelgoed

gemeenskap

 29dae.co.za
Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!

 

 manlief.co.za
 Die oulikste manne in die land!

   

bittersoetboek.co.za
Natasha deel haar hartsgeheime.

   

soetgoedvirdiesiel.co.za
Susan Coetzer deel al gratis soetgoed vir die siel.

 

 

Dink jy Bees Roux is skuldig of nie?

 Nee, daar is te veel goed wat onduidelik is.
 Ja, geen twyfel nie.
kyk uitslae