HUWELIK v&a
HOE OM SLAGGATE IN DIE HUWELIK TE VERMY …
Al hoe meer paartjies spandeer duisende rande om hulle troudag die gelukkigste dag in hulle lewe te maak. ’n Paar jaar later maak hulle dié gelukkige dag in ’n skeihof ongedaan.
2010-08-31Sanet Vermaak

Waar mense voorheen ter wille van ordentlikheid getroud gebly het, is dit in die postmoderne era makliker om uit verwoestende huwelike te ontsnap. Hier is vier slaggate wat vroegtydig vermy kan word:
Bagasie uit die verlede
Talle geskeides of paartjies wat huweliksprobleme ondervind, kom self uit gebroke gesinne. Weens ’n gebrek aan onvoorwaardelike liefde in hulle ouerhuise, weet baie mense nie hoe om self onvoorwaardelik lief te hê en te aanvaar nie.
’n Skaarste aan toewyding
Om ’n huwelik te laat slaag, verg ’n doelbewuste besluit, deursettingsvermoë en opoffering. Daarsonder word dit soveel makliker om probleme in die huwelik mis te kyk en aan versoekings toe te gee. Toewyding beteken dat paartjies moet saamwerk in die instandhoudingsproses van hulle verhouding.
’n Probleem met prioriteite
Geld, sukses, ambisie én om by die gimnasium uit te kom, is vir baie mense die belangrikste sake op hulle prioriteitslys vir die dag. Min paartjies laat hulle lewens deur sterk beginsels en waardes rig. Elkeen fokus op sy eie agenda en behoeftes. Geld en die najaag daarvan word ’n groter prioriteit as huweliks- en gesinsgeluk.
’n Gebrek aan verhoudingskennis
Om ’n huwelik te laat slaag, is kennis oor verhoudings en menswees broodnodig. Mense weet hopeloos te min van die dinamika binne verhoudings – en wat nodig is om ’n verhouding te laat slaag. Nóg ’n faktor is ’n gebrek aan emosionele intelligensie – byvoorbeeld hoe om konfliksituasies te hanteer.
Voordat jy trou, maak seker jy gaan deur ’n proses van heelwording sodat jy en jou man makliker hierdie slaggate kan vermy.
argief
HOE KOESTER ONS ONS VERSKILLE?
“As hy net kan verander,” het jy al meermale gedink. Maar lê die probleem nie dalk by jou onbillike verwagtinge nie?HOE LAAT ONS DIE LIEFDE WEER BLOM?
Die sterre in julle oë skyn nie meer altyd so helder nie. Skielik is die uitdagings van die getroude lewe n werklikheid en jy...HOE MOET EK MY GROTMAN HANTEER?
As jou man die huis instrompel en voor die televisie gaan sit is hy tipies man. Een wat sy “grot” betree en glad nie daar uitg...HOE OORLEEF MENS DIT?
Die lang pad na genesing ná die skok van ontrouheid vereis een belangrike openbaring om dit effektief reg te kry: Baklei vír...HOE SÊ EK NEE?
'n Huwelik waarin jy altyd "ja" moet sê, kan beklemmend raak. Ontdek daarom die vryheid wat in een klein woordjie skuil:...TWEEDE HUWELIK?
Meer tweede as eerste huwelike eindig in die skeihof. As jy meer oopkop, ouer en wyser is as die eerste keer, hoekom is die kanse ...HOE KAN ONS SAAM VERANDER?
Hy wag dat jý verander, terwyl jy hoop hý sal verander. Tog kan julle albei uit hierdie bose kringloop breek en saam...IS ONS WERK EWE BELANGRIK?
Jou man wil graag hê dat jy moet werk, maar is dikmond as jy moet oortyd werk. Hoe kan jy vir hom verduidelik dat jou werk net so ...HOE ERKEN EK DAT EK VERKEERD WAS?
Soms is dit makliker om jou man of omstandighede die skuld vir huweliksonmin te gee, terwyl jý eintlik die een is wat moet ...HOE KLIM ONS SAAM DIE SUKSESLEER?
Wanneer jy as een van Suid-Afrika se bestes in jou veld bekend staan, moet jy weet jy het sukses behaal, maar jou man kan nie die ...

voelgoed
gemeenskap
|
manlief.co.za
bittersoetboek.co.za
soetgoedvirdiesiel.co.za |

.jpg)