GELD tips
ALTYD PLATSAK? SPAAR SLIM!
2010-07-28Maretha Botes
2010-07-28Maretha Botes
BALJAAR ÉN SPAAR
Tydskrifintekenaar
Teken in op jou gunstelingtydskrifte eerder as om dit elke maand van die rak af te koop. Jy kan soms tot 35% spaar.
Vliegtuigkaartjies
Beplan vooruit en koop jou vlugkaartjies ten minste twee maande voor jy vertrek. Jy kan só die “goedkoop sitplekke” opraap en tot 20% spaar.
Dié huisware teen ’n appel en ’n ei
Luukse huisware hoef nie altyd jou sak te ruk nie. Sluit aan by www.luxury4less.co.za (gedryf deur more4bucks). Dié webtuiste hou dikwels vir beperkte tydgleuwe uitverkopings vir hulle web-lede waar jy ontwerpersitems vir jou huis vir tot 70% goedkoper as in die winkels kan opraap!
Gesinspret
By die Johannesburgse Dieretuin kos jaarkaartjies vir kinders en pensioenarisse R220, en R300 vir volwassenes. Dit terwyl ’n enkel besoekkaartjie jou tot R41 kos!
www.jhbzoo.org.za; www.sa-venues.co.za
JOU 100% WAARBORG VIR MEER GELD
Volgens navorsing is die mens se instink nié om te spaar nie. Dis eerder ’n geval van ons sien, ons wil hê, ons koop, sê Jean Chatzky, internasionaal bekende finansiële raadgewer. “As jy sukkel om die gat in jou beursie toe te stop, is dit die heel beste om jou spaargeld in iemand anders se hande te laat. Raadpleeg ’n finansiële adviseur om jou te help om jou geld só te belê dat dit vir jou sal werk. Deur ’n maandelikse aftrekorder te gebruik, kan jy jou spaargeld laat groei sonder dat jy eers daaraan hoef te dink. Onthou om jou spaargeld vir aftrede en jou kinders se tersiêre opleiding ook in te sluit. Dit verseker dat jy jou maandelikse spaardoelwit bereik omdat jy dan nie so maklik jou hande op die geld kan lê nie.”
KOESTER JOU KLEINGELD!
Die motorwag
“Nadat ek ’n oggend in die dorp was, het ek nie meer ’n sent in my beursie oorgehad nie. Ek het by elke parkeerplek die motorwag ’n fooitjie gegee. So het ek dié dag R20 uitgegee net om te kan parkeer! Daarna het ek besluit ek mag op een dag slegs een motorwag ‘betaal’, en basta met die res.” – Natalie, Gordonsbaai.
Middagkoffie
“Ek het die gewoonte gehad elke dag na werk gou saam met ’n vriendin die koffiewinkel op die hoek te besoek. Só spandeer ek elke dag ongeveer R18 aan ’n cappuccino. Dit is R90 in een werksweek en R360 per maand net vir koffie. Nou ontmoet ons slegs een keer ’n week. En my beursie bult weer! – Elmarie, Port Alfred.
OPPAS VIR WINSKOPIES!
• Die woord “gratis” moet jou dadelik op jou hoede stel. As iets “gratis” versend word, soos boeke wat jy op die internet koop, is die versendingskoste dikwels by die prys van die boek ingesluit. Jy kan die boek waarskynlik goedkoper op die winkelrak kry.
• Produkte wat by die ingang van winkelgange as winskopies uitgestal word (soos toiletpapier of babadoeke), lyk dalk na die goedkoopste. Dié produkte is egter dikwels ’n rand of meer duurder as die ware winskopies op die rak. Snuffel eers ’n bietjie rond voor jy koop.
• “Koop twee en kry een gratis.” Vra jou af of jy in die eerste plek selfs net een van die spesifieke produk sou gekoop het. Indien nie, is dit beslis nie ’n winskoop nie!
argief
DIS IN EN DIS UIT OP KANTOOR
IN! NEE
Jy word gevra om die kantoorpartytjie te reël. En jy het nie tyd nie maar is bang om nee te sê; netnou klink jy onbeskof. Hie...UIT! SLEGTE MANIERE
96% professionele werknemers sê hulle kollegas toon slegte maniere by die werk.AS JY GELD WIL BELÊ, MOET JY ...
As jy dit oorweeg om geld te belê, is daar 'n paar beginsels waarna jy moet kyk, waarsku Andrew Warren, uitvoerende hoof van produ...DRAAI DIE KRAAN TOE!
Weerkenners voorspel 'n warm, droë somer. Rod Cairns, besturende direkteur van JoJo Tanks, het raad hoe jy kan help water spa...KAN JY BETAAL?
Selfs in die swaarste ekonomiese tye bly dit maar lekker om die winkel in te vaar. Dit beteken egter nie dat jy in die diepste skuld ged...WORD RYK MET EFFEKTETRUSTS
Effektetrusts is vandag een van die gewildste maniere om 'n neseier op te bou. Daar bestaan letterlik honderde fondse waarin jy jou geld...NUWE MODE VIR BEDROG
Die gebruik van debietkaarte het die afgelope twee jaar drasties toegeneem.KRY JOU GELD-EENDJIES IN ’N RY
Is dit jou droom om rustig te kan slaap met die wete dat jou geldsake agtermekaar is? Dan moet jy begin om jou geldvrese in die o&...KIES REG IN MOEILIKE TYE
Al druk die geldskoen jou ook hoe hard, probeer om nie te swig voor die versoeking om jou langtermynspaargeld, soos byvoorbeeld jo...

voelgoed
gemeenskap
|
manlief.co.za
bittersoetboek.co.za
soetgoedvirdiesiel.co.za |
.jpg)