wen by die WERK

JOU DROOMWERK IS BINNE JOU BEREIK!

JOU DROOMWERK IS BINNE JOU BEREIK!

Jy het dalk ook al ’n loopbaanskuif oorweeg. Maar so 'n ingrypende verandering kan soms vreesaanjaend wees. Hier vertel dr. Mary-Anne Plaatjies-van Huffel jou hoe sy dit suksesvol gedoen het.

2010-04-06Maretha Botes

Dit is vir ons aangenaam om u mee te deel…” het die brief in my hande begin. Ek het net daar op die trappies gaan sit, my oë toegemaak en saggies vir die jakarandas in die parkeerplek gefluister: “Aan God alle eer. Hy het sy beloftes aan my nagekom.”

Net iemand wat al tevore “Dit spyt ons om u mee te deel”-briewe ontvang het, sal dié dankbare, warm gevoel verstaan. Ek het heel eerste vir my man hierdie baie goeie nuus vertel. Ná ’n pendelhuwelik van 15 jaar kon ons uitsien na ’n normale huwelik. Maar om van werk te verander gebeur nie oornag nie. Dié vyf dinge het my gehelp om ’n goeie besluit te neem:

GLO!
Ek het vir 15 jaar lank aanhou glo ek is waar die Here my wil gebruik. Maar ek het ook in daardie 15 jaar aanhou bid dat Hy tog vir my ’n uitkoms sal gee sodat ek en my man saam onder een dak kan woon! En op sy tyd het hy my gebed verhoor. Ek het uiteindelik die aanstelling as dosent by Stellenbosch Universiteit gekry het.

LEER!
Skryf jou kort- en langtermyndoelwitte neer. Sorg dat jy elke dag daarna kyk en bly daarop gefokus. Hou aan om jou vaardighede, in ooreenstemming met dié doelwitte, te ontwikkel. In my geval het ek in 1991 my BTh Hon voltooi en het sedertdien ook my M-graad en twee doktorsgrade verwerf – alles oor kwessies waaroor ek self passievol is.

RAAK BETROKKE!

Selfs al doen jy dit as vrywilliger. Moenie verwag dat geleenthede sommer in jou skoot gaan val nie. Wanneer jy betrokke is, beteken dit dat jy ’n netwerk van mense opbou – en dis broodnodig wanneer jy ’n loopbaanskuif wil maak.

FOKUS!

Moenie toelaat dat teleurstelling jou onderkry nie. As die eerste vroulike predikant in die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika, moes ek baie keer (by mans in die gemeente) hoor dat ek as vrou nie goed genoeg is nie. Maar ek het in die proses waardevolle vaardighede ontwikkel om later die struikelblokke op my lewenspad te bowe te kom en te volhard. Struikelblokke help jou groei.

BEREI VOOR!
Dis die goue reël. Berei jouself deeglik voor vir die werksonderhoud. Dink jouself in die pos in waarvoor jy aansoek doen. Die talle akademiese werk wat ek reeds vroeër in my lewe gedoen het, het my hiermee gehelp, want ek het reeds soveel kennis opgebou oor iets waaroor ek passievol was. Jou CV alleen is nie genoeg nie. Hoe jy optree, wat jy sê en die kennis wat jy tydens jou onderhoud deel, spreek boekdele oor jou.

Kommentaar

gesels saam

argief

  • WIE KRY DIE GROOTSTE SALARIS?

    Wil jy weet wat jou kollegas verdien? “Ten spyte van die moeilike ekonomiese omstandighede,” sê Charley Steadman, Kel...
  • SÓ HET JY 'N HEERLIKE WERKDAG

    1. Doen die vorige aand wat jy kan. Dek byvoorbeeld solank die ontbyttafel, maak almal se kospakkies en sit die klere uit wat jy w...
  • EFFEKTIEF BY DIE WERK!

    Lang ure by jou werkstasie kan jou spiere tot spasmas dryf! Hier is oefeninge wat jou dag by die werk soveel aangenamer maak en so...
  • SIT JOU BAAS OP HAAR PLEK

    In amper enige kantoor tref 'n mens die baasspelerige baas aan. Hoe kan jy haar op haar plek sit?
  • IS DEELTYDS WERK ’N GOEIE OPSIE?

    Met al meer maatskappye wat bereid is om personeel deeltyds aan te stel, word die kans al beter dat jy jou loopbaan voluit kan gen...
  • BESTUUR JOU TYD EFFEKTIEF

    As julle sukkel met tydbestuur op kantoor, bespreek die volgende praktiese wenke oor etenstyd met jou kollegas:
  • NEEM VERANTWOORDELIKHEID VIR JOU SUKSES

    Die pad van loopbaanontwikkeling hang grootliks van jouself af.
  • KRY RESPEK VAN JOU MANLIKE KOLLEGAS

    “Mans in my span het sterk punte wat ek altyd probeer inspan tot almal se voordeel. Dit lei daartoe dat hulle my nie meer sien as n...
  • WEES VEILIG BY DIE WERK

    Rooftogte by sakeondernemings het in die afgelope jaar volgens die polisie se misdaadstatistieke met meer as 47% toegeneem.
  • HOEVEEL WERKSVREUGDE HET JY?

    Geniet jy jou werk so dat dit n plesier is om soggens by jou werkstasie te gaan sit? Of wens jy jy hoef nooit weer te gaan werk ni...

soek op voelgoed

voelgoed

cafe

Ons Bootcamp gaan die maand oor 29 dae na geluk. Dink jy geluk kan in 29 dae verander? Kan so boekie regtig ’n verskil maak?

'n nuwe

jy!

Wil jy weet hoe om van so-so na SO SEXY te verander? Vind ’n splinternuwe jy!

in die nuutste

finesse

Versamelstuk! Dit is ons 150ste uitgawe!
Jou eie dieet - kies waarvoor JY lus is en skud kilo's af
Vuurwarm haarstyle waaroor jy mal sal wees!

voelgoed

vermaak

   vg TV [kyk dit]

   vg OUDIO [luister dit]

voelgoed

RSS

   www.nuus24.com

   www.DStv.com

   www.computicket.com

voelgoed

gemeenskap

 29dae.co.za
Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!

 manlief.co.za
 Die oulikste manne in die land!

bittersoetboek.co.za
Natasha deel haar hartsgeheime.

soetgoedvirdiesiel.co.za
Susan Coetzer deel al gratis soetgoed vir die siel.

Dink jy Bees Roux is skuldig of nie?

 Nee, daar is te veel goed wat onduidelik is.
 Ja, geen twyfel nie.
kyk uitslae