gewigsverlies

PURITY, ENIGE-EEN?

PURITY, ENIGE-EEN?

Die "Baby Food Diet" is deesdae die nuwe craze in Hollywood. Selfs die bleeksiel Reece Witherspoon en 'n paar van die Desperate Housewives akteurs volg dit.

2010-05-14Ingrid Botha

Jennifer is nou al so broeis, sy eet al babakos.
Nee dit is net ’n grappie, sy’s nie rêrig broeis nie, maar die deel van die babakos is wel waar, ons liewe Jenny eet heeldag pappery om maer te bly.

Die “Baby Food Diet” is deesdae die nuwe craze in Hollywood. Selfs die bleeksiel Reece Witherspoon en ’n paar van die Desperate Housewives akteurs volg dit. (Seker Katherine, sy is mos so half van haar trollie af.)

Jennifer eet glo 14 porsies fyngemaalde kos ? dag en een gesonde gebalanseerde aandete. Sy sê die waterige, smaaklose babakossies help haar om te de-toks want daar’s nie allerhande gemors soos sodium en smaakmiddels bygevoeg soos by kos vir grootmense nie. Volgens iafrica.com het sy al 3.17kg verloor. “Dis lekker want jy eet die hele dag aan hierdie purie-potjies: sê die 41-jarige aktrise.

Maar die styl guru Mark Heyes by GMTV sê hy het 4 jaar gelede ? soortgelyke babakos dieet gevolg en dit was nie vir hom so lekker nie. “Ek het heeltyd moeg gevoel. Mens voel ook nooit versadig nie. En die kos word later erg vervelig.”

Wel, ek dink nie dit is te ? groot prys om te betaal as jy ? lyfie soos die middeljarige Aniston kan hê nie!

Kommentaar
  • Goeiedag ek soek asb 'n eetprogram om so 20 en meer kilo's af te skud ek 37jr oud 1.55 en weeg amper 90kg ek is baie desperaat om gewig te verloor Berenice
  • Ek is 'n emosionele eter en het ook 20kg om te verloor. Dringend. Ek is moeg om vet te wees, maar ek kan nie my eetgewoontes beheer nie. Ek is eintlik 'n kompusiewe eter as ek dit so kan opsom. Hoe kom 'n mense daaroor? Susan
  • Ek het 50kg om te verloor - ek weeg 122kg op die oomblik is 1.75m lank. Ek het 3 seuntjies - 6mnde, 2jaar en 4 jaar. Eks moeg vir vet wees en wil my lewe saam my seuns geniet. Ek is ook op soek na goeie eet plan. HELP ASB! Sonja
  • Ek het in April die "21 dag dieet) op Finesse se website gekry. Dis 'n fantastiese dieet waarmee ek goeie resultate tot dusver gehad het. Ek het per abuis die dieet verloor. Kan julle hom weer opsit?
  • Ek is 38jr oud, 1,66m en het 'n paar maande gelede 86 kg geweeg. Het die Atkins 13-dag dieet gevolg en het 16kg verloor binne 3 maande. Ek het die dieet begin Desember 2009 gevolg en het aan die einde Februarie 2010 70kg geweeg. Met alle respek, die winter het my 2kg laat optel, maar ek beoog om die dieet weer oor 'n paar dae aan te pak. Hou aan soek, daar is diete wat werklik werk!! Sterkte!!
  • Die babakos is 'n nuwe een vir my, maar klink of dit kan werk........vir 'n week of twee
  • Ek sal ook baie bly wees as die "21 dag dieet" weer geplaas word. Ek is ook al desperaat.
  • Ek het skildklier probleme en is op Eltroxin
    ek lees die pil laat mens gewig optel ek is nou 2 maande op dit en stem saam is daar n dieet wat sal help om my gewig af te kry asb ek is reeds 35 kg oorgewig
  • Soek vir 'n lys van "negative calorie foods" op die internet en eet meer daarvan as van ander kosse. Ek het reeds 13kg afgeskud in 4 maande.
  • Ek het nou net deur te "Google" die Finesse 21 dag dieet gevind. Dit lyk heerlik en maklik.
  • www.moyolife.com, DIE ONLINE WONDER DIEET...kyk maar gerus, ek het reeds 3.3kg verloor deur elke dag my calouries in te lees, en nooit meer te eet as wat ek mag nie.....ek eet elke dag n stuk sjokolade...hoe meer jy oefen hoe meer mag jy eet!! DIT WERK
  • Daar is regtig net een manier .... dit is met Dr. Cohen se dieet. Doen wat hy sê; hou uit; gaan aan - 'n nuwe JY! vra my ek is nou amper halfpad na waar ek wil wees. Google "dr. cohen se dieetprogram" - julle sal nie spyt wees nie.
  • eerste les wat ek graag wil deel moet nooit se jy is op n dieet nie jou liggaan aan vaar dit as honger snootek wil gesond eet ek het n paar jaar terug 109 geweeg weeg nou 68 en het nie gedieet nie heel tyd net gekyk wat eet ek en wanneer eet ek dit het darm oop begin oefen
  • Ek is nuuskierig om te weet wat die "Scoop to lose" eetplan is wat o.a. deur Antionette gebruik is om gewig te verloor.
  • ek het 8 kg by madame et monsieur verloor gebalanseerde dieet en passiewe oefen masjiene.
  • ek wil ook asseblief weet hoe om gewig te verloor sonder dat dit te veel kos. My seun is in Januarie oorlede en ek het begin om in die nag wanneer ek nie kan slaap te eet, alles wat ek in die hande kan kry. Help asb ek bars uit my nate uit
  • Hi almal, Gaan net in google in en tik "21 dae dieet" dis daar beskikbaar. geniet dit
  • Help asb, my probleem is ek wil net soetgoed eet. wanneer ek kos maak vir die gesin maak ek iets vir my apart wat 'soet' is. ek is 10kg oorgewig, wat doen ek met die 'soet' cravings

gesels saam


argief

  • VOED MET VERSKEIDENHEID

    Volgens navorsing het n mens daagliks ongeveer 40 verskillende voedingstowwe nodig vir die instandhouding van liggaamsfunksies. Di...
  • HANDHAAF JOU GEWIG

    Elke ding het sy tyd. Die afgelope twee weke was dit tyd vir jolyt. Nou het die oomblik aangebreek om weer in jou klere te pas.
  • MOOI MIDDEL, FERM BENE

    Ferm maagspiere verbeter jou postuur en voorkom laerugprobleme.
  • BLY VIETS EN FIKS

    'n Gesonde lewenstyl bestaan nie net uit goeie eetgewoontes of genoeg oefening nie, maar uit 'n gebalanseerde kombinasie van die t...
  • VISUALISEER SUKSES

    Die meeste mense wat probeer om gewig te verloor, sit op hulle eie en dan dink hulle aan alles waarvan hulle baie hou en wat hulle...
  • VERLOOR EEN KILOGRAM SÓ

    Om een kilogram te verloor moet jy 7700 kalorieë uit jou dieet sny of deur oefening verbrand.
  • BESEF HOE BELANGRIK OEFENING IS

    Met oefening skei jy endorfiene af wat oefening lekker laat voel, maar dit neem ongeveer twintig minute van oefening voordat die e...
  • ONTDEK DIE GEVARE VAN KETOSE

    Ek moet goed in my lewe inbou wat vir my lekker is en nie net goed insluit wat ek moet doen nie.
  • ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (2)

    Dit is ons eie skuld dat die lewe 'n oorlewingstryd is, want ons skep 'n klomp moets en moenies vir onsself. Ons verwag nie beter ...
  • ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (1)

    Dit is belangrik om drome te hê. As jy nie drome het nie, sê dit dat jy jou lewe sien as so goed soos wat dit kan wees. Jy a...

argief

  • VOED MET VERSKEIDENHEID

    Volgens navorsing het n mens daagliks ongeveer 40 verskillende voedingstowwe nodig vir die instandhouding van liggaamsfunksies. Di...
  • HANDHAAF JOU GEWIG

    Elke ding het sy tyd. Die afgelope twee weke was dit tyd vir jolyt. Nou het die oomblik aangebreek om weer in jou klere te pas.
  • MOOI MIDDEL, FERM BENE

    Ferm maagspiere verbeter jou postuur en voorkom laerugprobleme.
  • BLY VIETS EN FIKS

    'n Gesonde lewenstyl bestaan nie net uit goeie eetgewoontes of genoeg oefening nie, maar uit 'n gebalanseerde kombinasie van die t...
  • VISUALISEER SUKSES

    Die meeste mense wat probeer om gewig te verloor, sit op hulle eie en dan dink hulle aan alles waarvan hulle baie hou en wat hulle...
  • VERLOOR EEN KILOGRAM SÓ

    Om een kilogram te verloor moet jy 7700 kalorieë uit jou dieet sny of deur oefening verbrand.
  • BESEF HOE BELANGRIK OEFENING IS

    Met oefening skei jy endorfiene af wat oefening lekker laat voel, maar dit neem ongeveer twintig minute van oefening voordat die e...
  • ONTDEK DIE GEVARE VAN KETOSE

    Ek moet goed in my lewe inbou wat vir my lekker is en nie net goed insluit wat ek moet doen nie.
  • ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (2)

    Dit is ons eie skuld dat die lewe 'n oorlewingstryd is, want ons skep 'n klomp moets en moenies vir onsself. Ons verwag nie beter ...
  • ONTSNAP UIT DIE KLOUE VAN JOU KOSVERSLAWING (1)

    Dit is belangrik om drome te hê. As jy nie drome het nie, sê dit dat jy jou lewe sien as so goed soos wat dit kan wees. Jy a...
soek op voelgoed

voelgoed

cafe

 

Ons Bootcamp gaan die maand oor 29 dae na geluk. Dink jy geluk kan in 29 dae verander? Kan so boekie regtig ’n verskil maak?

'n nuwe

jy!


Wil jy weet hoe om van so-so na SO SEXY te verander? Vind ’n splinternuwe jy!

in die nuutste

finesse

 


Versamelstuk! Dit is ons 150ste uitgawe!
Jou eie dieet - kies waarvoor JY lus is en skud kilo's af
Vuurwarm haarstyle waaroor jy mal sal wees!

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]

 

voelgoed

RSS

   www.nuus24.com

   www.DStv.com

   www.computicket.com

voelgoed

gemeenskap

 29dae.co.za
Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!

 

 manlief.co.za
 Die oulikste manne in die land!

   

bittersoetboek.co.za
Natasha deel haar hartsgeheime.

   

soetgoedvirdiesiel.co.za
Susan Coetzer deel al gratis soetgoed vir die siel.

 

 

Dink jy Bees Roux is skuldig of nie?

 Nee, daar is te veel goed wat onduidelik is.
 Ja, geen twyfel nie.
kyk uitslae