BELOFTES van hoop
WEGWYSERS
“Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan, met twee van sy volgelinge by hom. Toe Jesus verbygeloop het, het Johannes stip na Hom gekyk en gesê: ‘Dáár is die Lam van God!” – Johannes 1:35-36
2010-08-31Isak Burger

Die hoogtepunt van Johannes die Doper se bediening het aangebreek. Die Een wie se koms hy aangekondig het, het op die toneel verskyn: die Messias van God. Toe Jesus kom, het Johannes se bediening sy doel bereik.
Johannes het ook dissipels gehad. Twee van hulle was op daardie oomblik by hom, en hy sê vir hulle: “Daar is die lam van God ...!” Vers 37 sê: “Die twee het hom dit hoor sê en hulle het Jesus gevolg.”
Vir dié wat nie verstaan nie, klink dit dalk na ’n antiklimaks, ’n teleurstelling vir Johannes. Twee van sy nabye, getroue volgelinge keer die rug op hom, en volg vir Jesus. Maar Johannes was nie soos die direkteur van ’n maatskappy wat twee van sy topamptenare aan ’n mededinger verloor het nie. Dit was Johannes se suksesvolste oomblik; die bewys dat sy bediening geslaag het. Hy was nie die Messias, die Verlosser, die Weg nie. Hy was net die heenwyser, die rigtingwyser na die Een wat sélf die weg genoem sou word. As sy dissipels by Jesus uitgekom en die ware Weg begin volg het, het sy bediening geslaag. Daarvoor is Johannes die Doper immers gestuur.
Mag jy, wat jouself ’n dienaar van die Here noem, dit insien en Johannes se voorbeeld volg: In die koninkryk van God is jy nie suksesvol as jy ’n klomp volgelinge en bewonderaars om jou versamel nie. Jy is suksesvol as jou volgelinge dissipels van Jesus word. Hierdie waarheid is op elke gelowige van toepassing. Het dié wat jóú volg – jou kinders, werknemers, vriende – ook al Jesus se volgelinge geword?
O Here, laat my invloed mense by Jesus uitbring. Amen.
argief
LEER OM TE VERGEWE
“As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe n...ONTDEK DIE DEFINISIE VAN VREDE
Wie reg doen, sal vrede hê; wie volhard in regdoen, sal vir altyd rus en sekerheid geniet (Jesaja 32:17).SIEN BESKEIDENHEID AS ’N BELEGGING
Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde (Efesiërs 4:2).BESKERM MEKAAR SE IDENTITEIT
Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord (Kolos...VRIENDSKAP EN GELUK
Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde ... (Efesiërs 5:1-2).VERTROUE VIR DIE TOEKOMS
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee (Filippense 4:13).VERMY LEË BELOFTES
Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid (1 Joha...BRING DIE OFFER VAN OOTMOED
Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God (Psalm 51:19).AS VRIENDE JOU SEERMAAK
As dit nog my vyand was wat my smaad aangedoen het, sou ek dit kon verdra ... Maar nou is dit jy, 'n man soos ek, my maat en my go...TREE REG OP AS JULLE BOTS
As iemand 'n regsaak teen jou begin, kom betyds tot 'n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die re...

voelgoed
gemeenskap
|
manlief.co.za
bittersoetboek.co.za
soetgoedvirdiesiel.co.za |

.jpg)