SELFHELP tips
HOE OM WEER MET VREUGDE TE LEEF …
Voel jy deesdae of jou lewenswoema en passie soos mis voor die son verdwyn het?
2010-08-31Lana van Niekerk

Hier is tien geheime vir ’n nuwe lewe vol vreugde ...
Skud die moedeloosheid af – As jy daardie moedeloosheid van jou afskud, sal jy weer van selfvertroue kan straal en met oorgawe begin leef.
Hou ’n tweegesprek – Gesels sommer spontaan met God dwarsdeur die dag, want só bly jy van oomblik tot oomblik bewustelik met Hom besig.
Van vaalheid na glorie – Bely jou sonde, lê dit aan sy voete neer en jy sal ’n nuwe vrede in jou hart ervaar.
Kyk na binne – Leef voluit en vind vreugde in die klein dingetjies wat jou siel aanraak en jou hart ligter maak.
Stap uit jou gisters – Jy is nie net eergister, gister en vandag met sy liefde omsluit nie, maar ook al die môres en oormôres wat Hy jou mag gun. God is die bron van daardie liefde.
Laat die stoom ontsnap – Dit is wonderlik om te leer dat daar ’n sagtheid in jou binneste kom wanneer jy oorgee en nie probeer om dinge te verander en teen te staan nie. Aanvaarding bring soveel verligting.
Volg ’n wenlewe as heel mens – Identifiseer enigiets in jou lewe wat jou nog terughou. Gesels met die Here daaroor. Dit is net wanneer jy jou hart oopmaak dat Hy daarmee kan werk.
Maak ’n verskil – Wees regtig lief vir mense. Wanneer mense jou liefde, opregtheid en empatie kan aanvoel en jou vertrou, sal hulle hul seerkry, vrees, spanning en twyfel met jou begin deel.
Opkikkering vir die gesin – Sterk, gelukkige gesinne weet baie goed dat daar onverwagse draaie in die pad kan kom. Hulle geheim is dat hulle saam met God loop.
Koester die lag – Maak vrede met al die kante van jou maat en gee hom ruimte om homself te wees.
argief
SKRAAP JOU MOED BYMEKAAR
Moed is 'n integrale deel van menswees wat, as dit op die regte tyd ontsluit word, jou geluk kan bepaal, skryf Gabriel Daniels.GRYP GROEIGELEENTHEDE AAN
Om as mens te groei, moet jy kan onderskei of iets vir jou opbouend is of nie en kan wegstap as dit nodigONTDEK HOE OM WERKLIK TE HELP
Jou vriendin weier om jou raad te neem, maar dit is duidelik dat sy hulp nodig het. Hoe kan jy haar benader?WEES SAGTER OP JOUSELF
Is jy ook een van daardie vroue wat jou daagliks met modelle in tydskrifte en mooi vroue in die mall vergelyk? En, volgens jou, sl...HUPSTOOT VIR JOU HUWELIK
Jy moet eenvoudig in Elizabeth Gilbert (skrywer van die topverkoper – Eat, Pray, Love) se nuutste boek, Comitted. A sceptic makes ...GROEI AS MENS
Jy gee te veel om wat ander van jou dink en probeer te veel om mense te beïndruk. Dis vir jou baie belangrik dat ander mense ...HOE LATER, HOE KWATER
Deur stilstuipe te kry, doen jy niemand 'n guns nie. Sê dus op 'n mooi manier hoe jy regtig voel voordat jy iets doen waaroor jy l...GEE BEHEER OOR
Jy is nooit tevrede tensy jy in beheer is van elke situasie in jou lewe nie. Dit ontstel jou geweldig wanneer situasies opduik wat...DINK SOOS 'N WENNER!
Hoe ons oor ons daaglikse krisisse dink, bepaal hoe ons dit hanteer en watter uitwerking dit op ons en ander mense se lewe het. Wa...HANTEER SKINDERSTORIES
Sjoe, dis baie moeilik om iemand te konfronteer wat jou nie van aangesig tot aangesig te na gekom het nie. Kom ons begin by die be...

voelgoed
gemeenskap
|
manlief.co.za
bittersoetboek.co.za
soetgoedvirdiesiel.co.za |

.jpg)