lyk goed PRODUKTE

BLINK HARE BO!

BLINK HARE BO!

Ongelukkig is sjampoe en opknapper alleen nie genoeg vir 'n blink haredos nie. Moenie dat die winterkoue jou hare onkant betrap nie. Wees voorbereid! Kies een van ons vyf gunstelingmaskers wat jou hare voed en winterbestand maak.

2010-05-07Annelize Opperman

L’Oréal Elvive smooth-intense masque 200ml, R65, voed jou hare intensief en sorg dat dit vir langer periodes glad en sysag bly – iets wat jou hare selde in die wintermaande is! Vir growwe, droë hare wat gevoed en gekalmeer moet word, is hierdie masker dus uitstekend.

Pantene Pro-V Triple Amino Instant Repair Treatment, 150ml, R53, is wonderlike noodhulp vir bros en droë hare. Met die aanvul van aminosure help dit om nie net jou hare sterk te maak nie, maar sag ook! Beslis net die redding wat jy nodig het.
Herstel jou hare tot die blink kapsel wat dit was terwyl jy slaap met BC Time Restore Q10 Night Spray, 100ml, R198. Hierdie verjongingsbehandeling help jou hare om van die daaglikse spanning ontslae te raak deur die stadige vrystelling van Q10-kompleks regdeur die nag.

Wella Lifetex Volume Protein Mask, 150ml, R147, se versterkingskompleks van voedingstowwe asook die bamboesekstrak, penetreer diep tot in die haarskag. Hierdie ryk en aktiewe bestanddele voed en versterk veral fyn hare en sorg vir ’n kragtige behandeling sonder om jou hare swaar te maak.
 
Probeer gerus die versterkende Professional Sebastian Hydre, 150ml, R255, bevogtigingsmasker as jy na iets soek om jou droë, kroeserige hare se dors te les. Dié behandeling bied intensiewe voeding vir chemies behandelde hare sodat jy kan spog met sygladde volume en hare wat bons!




Kommentaar
  • Hi daar!
    Ek trou in September 2010 en het ‘n bietjie raad nodig!
    Ek wil graag by julle uitvind of my huidige haarstyl & kleur die beste / regte opsie vir my gesigvorm, haartipe ens. is!
    Ek is woonagtig in Sandton en ek wil so graag jul professionele opinie hê, ek weet ek kan heel moontlik by enige salon in Sandton instap en hul raad / hulp vra, maar ek vertrou nie altyd hul oordeel nie!
    Laat weet my asb indien julle my sal kan help, ek is regtig oop vir voorstelle!
    Indien jul ‘n foto van my benodig, sal ek enige tyd vir jul een aanstuur.
    Vriendelike groete
    Lize

gesels saam


argief

argief

soek op voelgoed

voelgoed

cafe

 

Ons Bootcamp gaan die maand oor 29 dae na geluk. Dink jy geluk kan in 29 dae verander? Kan so boekie regtig ’n verskil maak?

'n nuwe

jy!


Wil jy weet hoe om van so-so na SO SEXY te verander? Vind ’n splinternuwe jy!

in die nuutste

finesse

 


Versamelstuk! Dit is ons 150ste uitgawe!
Jou eie dieet - kies waarvoor JY lus is en skud kilo's af
Vuurwarm haarstyle waaroor jy mal sal wees!

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]

 

voelgoed

RSS

   www.nuus24.com

   www.DStv.com

   www.computicket.com

voelgoed

gemeenskap

 29dae.co.za
Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!

 

 manlief.co.za
 Die oulikste manne in die land!

   

bittersoetboek.co.za
Natasha deel haar hartsgeheime.

   

soetgoedvirdiesiel.co.za
Susan Coetzer deel al gratis soetgoed vir die siel.

 

 

Dink jy Bees Roux is skuldig of nie?

 Nee, daar is te veel goed wat onduidelik is.
 Ja, geen twyfel nie.
kyk uitslae