LYK GOED tips

VINNIGE WENKE OM PRAGTIG TE LYK!

VINNIGE WENKE OM PRAGTIG TE LYK!

2010-07-28Liezl Heidtmann

Is jou vel droog en sensitief?

 “Ek is mal oor die gevoel van ’n skoongeskropte gesig, maar die verkeerde reiniger kan my vel baie uitdroog,” sê aktrise en TV-aanbieder Anel Alexander. “Deesdae maak ek staat op La Mer Cleansing Gel, R795. Dit is ideaal vir my kombinasievel. Soms is my vel sensitief van al die ‘mishandeling’ op stel en ander kere weer baie olierig van al die grimering. Dan het ek ’n goeie produk nodig wat deeglik reinig, maar steeds sagkens met my vel werk. La Mer Cleansing Gel maak my vel silwerskoon, sonder dat dit styf en droog voel. My vel lyk sommer gesond nadat ek dit gebruik het. En nog ’n lekkerte is dat die produk my minstens vyf maande lank hou. Dis beslis waarde vir geld!”

Skoene wat vir jou oefen!

Jou dubbelverdiepingstiletto’s is so ongemaklik as wat kan kom, maar ten minste gee dit jou bene oefening! Wat as jy mode en oefening kan kombineer? Nouja, jy kan! Die Mukluk- reeks, R1 395, is nie net ’n moet-hê vir modeslawe nie, maar die onderste sool bestaan uit ’n mikro-“waggelbord” wat jou spiere oefen en vorm terwyl jy loop. Jy kan hierdie sandale of insteekskoene gemaklik saam met jou jeans dra en steeds in die modekol wees!
DJ Suga van Good Hope FM is ’n groot aanhanger. “Ek is versot op my paar. Ek hou hulle in my kar, en sodra ek my hoëhakke kan uittrek, is my Mukluks aan my voete.” Vir meer inligting en ’n handelaar naby jou, besoek www.fitflop.com.

Kaneelolie vir ’n voller mond

Beeldskone bekendes soos Angelina Jolie en Hunter Tylo spog met verleidelike vol lippe. En as skoonheidsikone so lyk, is dit geen wonder dat die normale vrou ook plomper lippe begeer nie. Daarom kan jy seker wees jou gunstelinggrimeerhuis het ’n produk wat plomper lippe belowe – van lipglans tot lipopknappers.Probeer egter gerus eers kaneelolie, wat net so doeltreffend werk.

Volgens Amerikaanse skoonheidskenner Diane Irons bring die olie die bloed na jou lippe toe, wat dit vir vier uur plomper kan laat lyk. Natuurlik is dit ook ’n fantastiese bevogtiger wat goed werk onder lipstiffie. Maar voor jy dit gebruik, maan Diane: “Toets dit eers op jou gewrig vir rooiheid, swelling en jeukerigheid, omdat baie mense allergies daarvoor is.”
Bron geraadpleeg: www.webmd.com

Die bob is steeds top!
 
Daar is sekere haarstyle wat ons nooit weer wil sien nie. Dink maar aan die stywe perm! Maar die klassieke polkastyl kom keer op keer terug, telkens met ’n eie tendens. Hierdie seisoen kan jy jou haarstilis vir ’n presisie-polka (precision bob) vra. Dis ’n sexy styl wat gewoonlik deur ’n reguit kuif gekenmerk word. Dit kan wissel van kort tot lank, en jou haarstilis sal jou unieke gelaatstrekke in ag neem om die polka vir jou te laat werk. Anders kan jy soos die glansmense lewe gee aan jou polka deur dit in sagte kartels te dra, soos Charelize Theron en Vera Farmiga. Die styl werk goed vir reguit en effens gegolfde hare, maar bly weg as jou hare erg kroes.

Kommentaar
  • Dankie vir die tips. Ek gaan beslis die kaneelolie kry..en probeer. Hoe ouer mens word hou dunner word die lippies. Ek is mal oor my lipstiffie en gaan way-out - ROOI !!
  • Die mense vra altyd hoe kry ek dit reg om 10 jaar jonger te lyk... wel dit is al julle tips. Die produkte wat julle aanbeveel werk regtig. Het egter my pragtige bob verruil vir ietsie korter.
  • HELP ASB!
    My hare was blond toe kleur ek dit donker nou wil ek graag terug gaan blond toe. My haarkapper het vir my 'n volkop "foils" gedoen wat my hare vreeslik gebreek en droog gelaat het met net hier en daar 'n blonde stukkie. Wat kan ek gebruik om my hare te voed en hoe maak ek om weer blond te wees?

gesels saam


argief

  • WENKE VIR ’N MOOIER JY!

    'n Klein glips met jou voorkoms kan jou dag lelik bederf. 'n Verkeerde haarkleur of lelike puisie verander vinnig vir Skoonheid in...
  • BEVOG, BEVOG, BEVOG!

    Sy is 'n aktrise, lektor en juwelierskonsultant! Elsabe Daneel het min stilsit-oomblikke! Met so 'n besige skedule plaas jy jou ve...
  • BRONS SONDER DIE SON

    Hierdie somer hoef jy nie ure in die son te lê om bruin te word nie ...

argief

  • WENKE VIR ’N MOOIER JY!

    'n Klein glips met jou voorkoms kan jou dag lelik bederf. 'n Verkeerde haarkleur of lelike puisie verander vinnig vir Skoonheid in...
  • BEVOG, BEVOG, BEVOG!

    Sy is 'n aktrise, lektor en juwelierskonsultant! Elsabe Daneel het min stilsit-oomblikke! Met so 'n besige skedule plaas jy jou ve...
  • BRONS SONDER DIE SON

    Hierdie somer hoef jy nie ure in die son te lê om bruin te word nie ...
soek op voelgoed

voelgoed

cafe

 

Ons Bootcamp gaan die maand oor 29 dae na geluk. Dink jy geluk kan in 29 dae verander? Kan so boekie regtig ’n verskil maak?

'n nuwe

jy!


Wil jy weet hoe om van so-so na SO SEXY te verander? Vind ’n splinternuwe jy!

in die nuutste

finesse

 


Versamelstuk! Dit is ons 150ste uitgawe!
Jou eie dieet - kies waarvoor JY lus is en skud kilo's af
Vuurwarm haarstyle waaroor jy mal sal wees!

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]

 

voelgoed

RSS

   www.nuus24.com

   www.DStv.com

   www.computicket.com

voelgoed

gemeenskap

 29dae.co.za
Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!

 

 manlief.co.za
 Die oulikste manne in die land!

   

bittersoetboek.co.za
Natasha deel haar hartsgeheime.

   

soetgoedvirdiesiel.co.za
Susan Coetzer deel al gratis soetgoed vir die siel.

 

 

Dink jy Bees Roux is skuldig of nie?

 Nee, daar is te veel goed wat onduidelik is.
 Ja, geen twyfel nie.
kyk uitslae