SKOONHEID v&a

Voel jou vel soos ’n skilpaddop?

Voel jou vel soos ’n skilpaddop?

Angeleen Beatty, produkbestuurder van Almay, sê daar is 'n produk vir jou!

2010-05-07Liezl Heidtmann

EK IS 45, MAAR EK SUKKEL MET FYN LYNTJIES, DONKER KRINGE EN SAKKIES ONDER MY OË. WAT VEROORSAAK DIT EN HOE KAN EK DAARVAN ONTSLAE RAAK? Bernadette, Empangeni.


Die eerste plek waar jy veroudering sien, is om jou oë. Die vel in daardie area is baie dun en verloor dus makliker vog. Dit bevat ook minder oliekliere as die res van jou gesig. Min vog en olie beteken meer plooie! Daarom het jy spesiale versorging nodig om fynlyntjies, sakkies en donkersirkels te voorkom.

EERSTENS MOET JY DIE SONDEBOKKE KEN:

Fynlyntjies: Die son is baie sleg vir jou delikate oogarea. Jy sukkel reeds met min vog en die son droog jou vel nog meer uit. Daarom moet jy altyd ’n sonbril dra.
Donkersirkels en sakkies: As jy voorheen nie met donkersirkels en sakkies gesukkel het nie, is daar dalk ’n mediese rede soos sinusontsteking vir die skielike verskyning. Besoek jou dokter.
Kies ook ’n goeie oogroom soos Almay Eyewise Intense Hydration Depuffing Eye Gel wat donker sirkels, plooie en sakkies voorkom en behandel.

ALMAL SÊ ALTYD JY MOET SAANS VOOR JY GAAN SLAAP JOU GESIG WAS. IS DIT REGTIG SO BELANGRIK? Claudia, Baberton.


Ja! Behoorlike reiniging is baie belangrik. Grimering, olie en ander onsuiwerhede verstop jou porieë en dit kan lei tot puisies en swartkoppies. Boonop word jou vel aan ander onsuiwerhede blootgestel as gevolg van besoedelde lug, wat tot veroudering kan lei.

Jy benodig ’n room- of jelreiniger, ’n verfrisser en ’n vogroom om jou vel na wense te versorg. Die verfrisser is belangrik omdat dit jou porieë toemaak nadat jy gereinig het en keer dat jou vel belangrike vog verloor. Reinig jou vel soggens en saans.

MY VEL IS BAIE OLIERIG. WAT STEL JY VOOR MOET EK GEBRUIK? Hannelie, Aliwal-Noord.


As jy ’n olierige veltipe het, het jy gewoonlik oop porieë en sukkel jy waarskynlik met puisies en ’n ongesonde gelaatskleur. Die goeie nuus is dat olierige veltipes langer vat om te verouder! So daar is darem voordele ook.

Die beste manier om jou olierige vel te versorg is om produkte te kies wat sagkens van die olie op jou vel ontslae raak en sodoende jou porieë reinig sonder om dit uit te droog of te beskadig. Eintlik benodig jou vel water (vog), en nie olie nie. En daarom het selfs ’n olierige veltipe vogroom nodig.

Gebruik ’n ligte, waterige formule, eerder as ’n swaar formule, omdat ligte room genoeg vog verskaf en ook help om olievlakke te beheer. Almay het ’n velsorgreeks vir elke veltipe. Besoek www.almay.co.za vir meer inligting.



 
 

Kommentaar
  • My vel is sensitief en baie droog en ek sukkel om 'n gepaste produk te kry. Help my asseblief. My vel trek baie.
  • EK HET BAIE LELIKE VLEKKE IN MY GESIG. HET AL ALLES PROBEER. WAT KAN EK NOG GEBRUIK WAT EK NIE ALREEDS PROBEER HET NIE
  • Ek het donker merke aan weerskante van my gesig en wange. Ek het destyds Protex gebruik en soms my gesig daarmee gewas en die lelike merke nagelaat. Ek is nou raadop. Help asb.

gesels saam


argief

argief

soek op voelgoed

voelgoed

cafe

 

Ons Bootcamp gaan die maand oor 29 dae na geluk. Dink jy geluk kan in 29 dae verander? Kan so boekie regtig ’n verskil maak?

'n nuwe

jy!


Wil jy weet hoe om van so-so na SO SEXY te verander? Vind ’n splinternuwe jy!

in die nuutste

finesse

 


Versamelstuk! Dit is ons 150ste uitgawe!
Jou eie dieet - kies waarvoor JY lus is en skud kilo's af
Vuurwarm haarstyle waaroor jy mal sal wees!

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]

 

voelgoed

RSS

   www.nuus24.com

   www.DStv.com

   www.computicket.com

voelgoed

gemeenskap

 29dae.co.za
Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!

 

 manlief.co.za
 Die oulikste manne in die land!

   

bittersoetboek.co.za
Natasha deel haar hartsgeheime.

   

soetgoedvirdiesiel.co.za
Susan Coetzer deel al gratis soetgoed vir die siel.

 

 

Dink jy Bees Roux is skuldig of nie?

 Nee, daar is te veel goed wat onduidelik is.
 Ja, geen twyfel nie.
kyk uitslae