GESONDHEID v&a

KALSIUM IS JOU BESTE MAAT!

KALSIUM IS JOU BESTE MAAT!

Jy weet kalsium is belangrik vir jou bene en tande, maar hóé jy dit inneem, is selfs nog belangriker, sê handelsmerkbestuurder Lise Bryer van MenaCal7.

2010-05-07Liezl Heidtmann

EK EET NIE BAIE GESOND NIE, IS ’N MULTIVITAMIEN VOLDOENDE OF MOET EK ’N BYKOMENDE KALSIUMAANVULLING OOK NEEM?

Dit is altyd goed om aanvullings te drink, want deesdae se kitskosse bevat nie naastenby genoeg vitamiene en minerale nie. Maar ongelukkig is ’n multivitamien nie voldoende vir beengesondheid nie. Jy sal beslis iets ekstra moet neem!

As jy osteoporose wil voorkom, benodig jy spesifieke minerale en vitamiene in die regte hoeveelhede, wat gewoonlik hoër is as wat in ’n multivitamien voorkom. Volgens onlangse navorsing benodig jy 800 IU vitamien D3 en 1200mg elementale kalsium per dag om osteoporose te voorkom.
 
Die helfte van die kalsium wat jy inneem, moet uit jou dieet uit kom. En die ander helfte uit aanvullings, want jy kan slegs 500mg elementale kalsium per keer absorbeer. Dan moet jy ook onthou, kalsium kan nie volkome geabsorbeer word sonder vitamien K2 nie en dié vitamien is noodsaaklik om kalsium aan die been te verbind. Probeer MenaCal.7 wat al die regte vitamiene en minerale bevat!

KAN KALSIUM JOU RISIKO VIR HARTSIEKTES VERHOOG OMDAT DIT IN AARWANDE SAAMPAK?

Dit is gedeeltelik waar. In 2008 het die Universiteit van Auckland in Nieu-Seeland bevind dat menopousale vroue wat kalsiumaanvullings van ’n 1000mg per dag neem, moontlik hulle risiko vir ’n hartaanval kan verdubbel. Die rede is dat kalsium in die are kan aanpak, en verstopte are kan lei tot hartsiektes. Die navorsingsgroep het egter 1000mg elementale kalsium geneem en nog ’n 1000mg uit voedsel, wat meer as die daaglikse aanbeveling van 1500 mg is.
 
Gelukkig is daar ’n veilige manier om kalsium te neem. Vitamien K2 hou kalsium waar dit hoort – in jou bene! Die vitamien aktiveer belangrike proteïene wat help om bene te bou en trek ook kalsium uit die bloed wat gesirkuleer word en saampak in are. Navorsing wys dat lae vlakke van vitamien K2 grootliks kan bydra tot die ontwikkeling van osteoporose. Kies daarom altyd ’n kalsiumaanvulling wat dié vitamien bevat.

KAN JY TÉ VEEL KALSIUM INNEEM? EK EN MY MAN DRINK ALBEI KALSIUMAANVULLINGS, MAAR HY EET OOK BAIE SUIWELPRODUKTE.

Te veel kalsium kan sleg wees, veral as jy onlangse studies in ag neem wat wys dat hoë hoeveelhede kalsium jou man se risiko vir prostaatkanker kan verhoog. ’n Harvard studie het bevind dat mans wat tussen 1500mg en 1999mg elementale kalsium per dag inneem, hulle risiko vir prostaatkanker verdubbel. En mans wat meer as 2000mg inneem, het ’n vier keer groter risiko as mans wat slegs 500 mg kalsium neem!

Die studie is egter nog nie klaar nie, maar dit lyk of te veel kalsium jou man se lyf keer om genoeg vitamien D te vervaardig – wat keer dat prostaatkankerselle vermeerder.
Maar vir beskerming teen osteoporose en kolonkanker, het jou man omtrent 700 mg elementale kalsium per dag nodig. Matigheid is daarom die beste strategie vir jou man. Bly by die aanbevole daaglikse hoeveelheid van 1 000 mg vir mans en 1 200-1 500 mg vir vroue.

Kommentaar
  • Hi da! Ek het so pas verneem dat ek allergies is vir koring kan ek hawermout eet of is ek dan outomaties alergies vir alle gluten produkte indien wel help asb! met inligting wat om nie te eet en te drink dankie!
  • HELP!Is gepla met winderigheid.Sodra ek eet,begin die geknor.Pro-biotika loop al by my ore uit.Niks wat ek tot dusver probeer het,help nie.Raad,asb?Knorpot

gesels saam

argief

  • HOU DIÉ WARM GLOEDE IN TOOM MET NATIVA HORMONAL COMPLEX

    Ronél Vorster, hoof van Nativa se voedingsafdeling, sê as jy goed na jouself kyk en gereeld jou dokter besoek, is menopouse...
  • JY MOET FOKUS MY KIND

    Terwyl jy die koerant lees, stuur jy gou 'n sms en kyk ook n program op televisie. As jy dink jy is goed daarmee om meer as een di...
  • HOE VOORKOM EK KANKER?

    Jy kan iets doen om jou kankerrisiko te verminder deur ons omvangryke leefstylgids te volg.
  • WERK STAP WERKLIK?

    Om beurtelings te stap en te draf is 'n uitstekende manier om fiks en slanker te word. Draf plaas egter dubbel soveel stremming op...
  • HOE HANTEER MENS SPROEI?

    Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter h...
  • HET JY IETS VERGEET?

    Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Verg...
  • SLAAP SONDER FRUSTRASIE?

    Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagr...
  • IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS?

    Of jy dit nou gebruik om soggens wakker te word, smiddae wakker te bly, of sommer net as 'n verskoning om uit die huis te kom en saam me...
  • HOE KAN EK MY MONDKWALE SELF BEHANDEL?

    Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake n seer en sensitiewe kwessie is. n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal n...
  • VERGEET-VOLLE DAE?

    n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.

soek op voelgoed

voelgoed

cafe

Ons Bootcamp gaan die maand oor 29 dae na geluk. Dink jy geluk kan in 29 dae verander? Kan so boekie regtig ’n verskil maak?

'n nuwe

jy!

Wil jy weet hoe om van so-so na SO SEXY te verander? Vind ’n splinternuwe jy!

in die nuutste

finesse

Versamelstuk! Dit is ons 150ste uitgawe!
Jou eie dieet - kies waarvoor JY lus is en skud kilo's af
Vuurwarm haarstyle waaroor jy mal sal wees!

voelgoed

vermaak

   vg TV [kyk dit]

   vg OUDIO [luister dit]

voelgoed

RSS

   www.nuus24.com

   www.DStv.com

   www.computicket.com

voelgoed

gemeenskap

 29dae.co.za
Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!

 manlief.co.za
 Die oulikste manne in die land!

bittersoetboek.co.za
Natasha deel haar hartsgeheime.

soetgoedvirdiesiel.co.za
Susan Coetzer deel al gratis soetgoed vir die siel.

Dink jy Bees Roux is skuldig of nie?

 Nee, daar is te veel goed wat onduidelik is.
 Ja, geen twyfel nie.
kyk uitslae