Hykie en Melissa se troue

10 Junie 2013
hykie_berg

Die uitnodigings is al vroeg in Maart uitgestuur. Vriende en familie het heelhartig uitgesien na Hykie Berg en Melissa Jacobs se verlowingspartytjie. Dié twee beplan mos ’n Kaapse troue in Oktober ...

Maar Hykie en Melissa het besluit om almal ’n rat voor die oë te draai en in plaas van ’n verlowingspartytjie het hulle bruilof gehou! Gelukkig het Hykie ons laat weet wat hulle in die mou voer en ons eksklusief uitgenooi om in hulle mooiste dag te deel.

Kliek hier om Hykie en Melissa se trou video te kyk

Dit is ’n heerlike warm dag in Pretoria. Hykie Berg en Melissa Jacobs se familie en vriende kom van oraloor af by die La Vie Lente Urban Farm aan vir dié twee se verlowingspartytjie. Almal raak gemaklik aan die gesels met ’n drinkdingetjie in die hand.

Niemand dink dis snaaks dat stoele netjies in rye staan nie. Of lig ’n wenkbrou oor die geskenkboksie voor in die ingangsportaal waarop staan Mr & Mrs Berg nie. Die gaste staan in afwagting vir die paartjie om hulle verskyning te maak.

Die seremoniemeester vra dat almal moet nader staan vir die verrigtinge en dat Hykie en Melissa se familie voor op die stoele moet kom sit. Is dit nie effens vreemd vir ’n verlowingspartytjie nie?

Dan maak Hykie sy verskyning in ’n liggrys pak. Daar is ses manne by hom, ook netjies uitgevat. By hulle staan iemand wat nogal baie soos ’n predikant of pastoor lyk. Musiek begin oor die luidsprekers speel. Vier klein dogtertjies wat net soos blommemeisies lyk, kom uitgestap. Agter hulle volg ses dames wat by ’n troue as strooimeisies kon deurgaan. Maar dis eers toe Melissa in ’n roomkleur-en-pienk rok saam met haar pa uitgestap kom dat almal besef hierdie lýk nie net baie soos ’n troue nie, dit is inderdaad een!

V: Julle het dinge vir seker op ’n ongewone manier gedoen. Wat het julle laat besluit om so te trou?
HYKIE: Nie ek of Melissa hou van ’n groot bohaai nie. Ons wou ’n intieme troue saam met vriende en familie hê. En nee, ons “moes” nie trou nie, ons wou trou. Ons het aanvanklik beplan om op 19 Oktober in die Kaap te trou, maar sake wou net nie reg uitwerk nie. Toe sou ons ’n verrassingstroue op 14 Februarie hou, maar weereens wou die plan nie werk nie, en 27 April was toe die dag wat in die dagboek gewen het.

Die eienaar van La Vie Lente Urban Farm, Uida Havinga, is al jare lank vriende met die familie en het ingestem om die troue vir ons te reël. Ons het uitnodigings vir ons “verlowingspartytjie” begin uitstuur. Net ons familie en naaste vriende wat by die seremonie betrokke sou wees, het geweet wat ons regtig beplan. Die hoofrede hiervoor was om die media te systap, want ons troue is nie ’n publisiteitsgeleentheid nie. Dis my en Melissa se grootste en mooiste dag saam met God. Ons wou dit anders doen, maar op die regte manier.

Pages

Deel/Stuur
besoeker (anoniem)
besoeker's picture
Pragtig, ongekulstend. ... so opreg. Baie geluk!! God's rykste seën... xx
Elmarie Wentzel (anoniem)
besoeker's picture
Dit was baie slim van julle gewees!! Baie geluk julle 2tjies alles wat mooi is voorentoe en mag dit net gelukkige tye wees met meer verrasings!!
Lucia Ericsen (anoniem)
besoeker's picture
Baie geluk Hykie en jou pragtige bruid. Mag julle elke oomblik saam kosbaar vind want more is aan niemand belowe nie. Ek onthou soos gisteraand hoe jy en Nielen saam met Natalie en Cheryl in die sandpit gespeel het en vandag staan jy in groot mens skoene gereed om jou lewenspad uit te kerf. Mag die pad vir julle beide glad verloop en die struikelblokke net daar is om julle in die regte rigting te stuur. God Bless you both!

Pages

Deel jou kommentaar

CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA
Sleutel die karakters in wat vertoon word.
sign up bonus for blackjack us online casinos sign up bonuses play slots machines online play online slot casinos http://asb.cgiar.org/Gen2/about_us/mastercard-casinos.html casino accepting mastercard http://asb.cgiar.org/ reputable online casinos casino slot machine download online casino slots