Gelukkig-getroud_result

Getroud wees verg harde werk

Die huwelik is die wonderlikste verhouding waarin jy kan wees. Hoe maak jy seker dat dit nie ’n ontnugtering is nie?

Elke huwelik is anders – vind wat werk vir julle

Vriende en familie moedig jou in jou alleenloperdae aan om te trou, tot die dag waarop jy die knoop vasmaak.

Skielik word elke goeie wens gevolg deur ’n waarskuwing: “Onthou, trou is nie perdekoop nie!” Dan begin jy wonder waarvoor jy jou ingelaat het.

Omdat baie mense teleurgesteld is met hulle eie huwelik, voel hulle dis hulle plig om ander te waarsku. ’n Mens moet die huwelik oopkop en met realistiese verwagtings binnegaan, maar moenie dat ander jou pret bederf nie.

“Elke mens en elke verhouding is anders,” sê Philip du Toit, ’n huweliks- en gesinsberader. “En jou verwagtings oor die huwelik sal afhang van jou eie volwassenheid, aanvaarding van jouself en jou verwysingsraamwerk,” verduidelik hy.

Jy gaan nie noodwendig vandag dieselfde voel as môre nie. “Jy dink anders oor die lewe op dertig as op veertig en ontdek en aanvaar mettertyd dinge van jouself. Hoe veilig ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die grootste geskenk wat ek deur Francois se dood gekry het, is die bevestiging van God se bestaan. Die tekens was duidelik. Bly glo in ...

Voel jy jy kan net nie meer byhou nie, omdat jy te besig is? Ongelukkig? Dit is belangrik dat ons positief moet wees ten spyte ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!