ek sê …
150 uitgawes? Ja, jy hou sowaar die 150ste FINESSE vas. Ek het angstig en opgewonde saamgewerk aan ons eerste uitgawe in 1998.
Marelise Steyn was op die voorblad, Marike de Klerk het oor haar egskeiding gesels en Madelein van Biljon het ’n groot herrie ontlok met haar openlike erkenning dat sy nie glo nie.
Intussen was daar baie hoogtepunte en natuurlik laagtepunte ook. As dieetkundige, met baie min ondervinding van joernalistiek en die mediawêreld, was die geboorte en groei van FINESSE vir my ’n redelike uitdaging.
Maar ek weet vandag dat FINESSE julle harte raak. Dat ons lewens verander.
Want julle vertel dit elke dag vir my. En dít gee my hoendervleis. Ons het geen beter rede nodig om hierdie geleentheid met glans en glorie te vier nie!
Vir my was pêrels nog altyd die simbool van klassieke glans, wysheid en egtheid … En daarom het ons besluit om hierdie uitgawe aan te bied as 150 pêrels van wysheid – spesiaal vir jou! Dink net hoe besonders jy sal voel met 150 perfekte ronde, egte pêrels om jou nek. Elkeen ’n geskenk van iemand wat jou inspireer?
Jy sal dit koester, weer en weer dra, en elke keer soos ’n koningin voel wanneer jy dit om jou nek hang. Dit is hoe hierdie uitgawe ook is – jy sal dit vir ewig en altyd wil hou – jou eie versamelstuk. Want die tips wat jy in dié FINESSE kry, is tydloos mooi. Dis lewensveranderend!
Net so lewensveranderend dit vir my was die dag toe ek regtig besef het dat dit wat ek dink, my hele lewe bepaal! As ek negatiewe en swartgallige dinge dink, is dit hoe ek voel, en dan is dit hoe my lewe lyk. Maar wanneer ek positief is en mooi gedagtes dink, vloei dit ook deur na my lewe en na die mense om my. Dit wat ek dink, bepaal of ek met ’n frons of ’n glimlag deur die lewe gaan. Carlos Castaneda beaam dit: “We either make ourselves happy or miserable. The amount of work is the same.”
Ek hoop dat elke bladsy in hierdie 150ste uitgawe van FINESSE jou gedagtes sal verfris, en dat jy die lewenslesse daarin soos ’n string egte pêrels om jou nek sal hang, vir almal om te bewonder.
Venessa


Jaco Thom se Bybelroman oor
Bettie Smit se kommentaar:
April 25th, 2010 at 5:20 pm
Ek is mal oor die kort maar kragtige “tips” wat gereeld in Finesse verskyn bv die “jou self tips”. Ek lees ook altyd Kobus Neethling se rubriek. Baie bruikbaar! Hou so aan!!
petro1966 se kommentaar:
July 5th, 2010 at 2:04 pm
Hallo Vanessa. Ons het onlangs ons besigheid , ons huis en ons motors verloor,m.a.w ons het lettelik alle “bestaansterg” verloor. Ons het hervestig uit die Kaap na Die Tuinroete, George,Mosselbaai omgewing en ek het as vrou so baie ingeboet, maar on biblioteek op Grootbrak laat jou 6 tydskrifte uitneem en ek was nogal seer omdat ek nie meer jul tydskrif kon koop nie. Ek jaag nou letterlik vrydae biblioteek toe om d Finesse uit te neem. So baie dankie dat jul regtig so in lyn met God se woord is.Ek skryf nou ook joernale oor Bipolere depressie wat my en ander help. baie seen vir julle Petro 084 881 7150/ kotzepetro@gmail.com/ posbus 1042 Grootbrakrivier 6525
Ingrid se kommentaar:
July 21st, 2010 at 10:40 am
God is amazing! Die storie het my regtig getref en in n nuwe beter denk rigting gestuur op my soeke na antwoorde, dankie!!!
Bluebelle se kommentaar:
August 1st, 2010 at 4:50 pm
Wow, God is inderdaad amazing. Hy weet wanneer ons Hom nodig het, sonder dat ons dit self besef.