Susan se Soetgoed Blog
Op hierdie webwerf wil ek graag hoor van jou blydskap en jou pyn. Ek wil hê ons moet mekaar ondersteun en ophelp as die son die dag nie wil skyn nie!
Kom ons lig ons teekoppies, koffiekopies of sjampanjeglase op al die gratis soetgoed vir die siel!


Jaco Thom se Bybelroman oor
Benita se kommentaar:
May 6th, 2010 at 8:52 am
Hi Susan
- Ek het al jou boeke al gelees en hoop nogsteeds op daardie skildery van jou en sms gereeld. Dankie vir jou wonderlike artikel in Finesse en soos menigte ander blaai ek eerste soontoe. Hoop ons gaan lekker kan chat.
Benita Brand, Barrydale
aneen walser se kommentaar:
June 7th, 2010 at 6:30 pm
Wil net noem dat ek Susan se artikel verskriklik geniet – ek koop die tydskrif hoofsaaklik vir haar rubriek, en blaai verseker heel eerste soontoe ( ek sukkel nog met die delayed gratification ding : )) Dankie dat jy met ons deel in eerlikheid en nederigheid, voel sommer of ek jou ken!
mariette se kommentaar:
June 28th, 2010 at 2:42 pm
Wil net se ek sien baie uit na jou boek, ek behoort aan ‘n leeskring en dis my beurt volgende maand. Ek gaan beslis jou boek koop. (so tussen hakies – ek sit met ‘n knop op my maag oor die komende matriekafskeid. hoe moet ek my enigste dogter op haar belangrikste dag van haar skoolloopban ongelooflik mooi laat lyk as ek voor my siel weet ek kan nie bekostig nie? Dink maar aan my) Gaan voort met jou rubrieke, dis altyd BAIE interessant.
monica se kommentaar:
July 1st, 2010 at 9:40 am
Hi Susan, jy is so n pragtige mens,van binne en buite. Ek geniet jou boeke en rubrieke baie. Ek korrespondeer maar so via die selfoon. Sit by die werk, besigheid so stil. Als wat mooi is vir jou en gesin. Lovies
Ronel Kirsten se kommentaar:
July 2nd, 2010 at 7:21 am
More Susan,
Kan jy my asb laat weet wie het jou pragtige skildery gewen.
Baie dankie en ek kannie wag vir jou vlg boek nie.
Groete
anneli nortje se kommentaar:
July 5th, 2010 at 12:43 pm
Ek geniet jou artikels so baie.Jou boeke gelees en het een van jou skilderye in my huis-nog een aand by die BLOU HOND gekoop. Dankie dat jou oppe – en -affe met ons deel….man, kind, honde– voel asof jy een van ons is.
Donnie vd Westhuizen se kommentaar:
July 12th, 2010 at 10:03 am
Hallo Susan.
Ek het Sondag, 11 Julie verjaar. Ek het Oros vir die Siel vir my verjaarsdag gekry by ‘n vriendin en ek dink sy het onthou toe ek gese het hoe graag ek dit wil koop want ek is absoluut mal oor jou skryfstyl. Jy is ‘n pragtige mens van binne en buite met ‘n wonderlike talent. Ek wil net se ek geniet dit terdee. Ek sit in die aande en lag so dat ek stukkies vir my man moet voorlees en my dogterjie van 3 vra nou al ek moet die storie vir haar lees. Ek sien stukkies van my eie lewensverhaal in Kyle s’n en ek kan nie wag om by die einde van die boek uit te kom om te sien of sy darem geluk gaan kry.
Dankie! Jy het my weer laat lag. Dis ‘n heerlike gevoel. Liefde, Donnie
petro1966 se kommentaar:
July 14th, 2010 at 11:00 am
Goeie dag Susan
HELP ASB ?
Ons verhaal het in 2007 met die Resessie begin:
Noem dit sommer : Hoe vernietig die resessie ‘n eens gelukkige gesin :
Ek en my man is al so mismoedig dat ons nou maar persoonlike e posse aan alle sakelui en persone in sleutel posisies in ons omgewing gestuur het, deur so iewers vir ons nuwe werk te bekom. Moontlik kan u help, want ons klein gesinnetjie van 3 kan net nie meer nie. As men seers by ‘n punt kom dat jy nie meer kan bid nie, maar as jy die slag wel bid, bid jy dat jul net op een of ander wyse kan sterf.
Ons was ‘n in 2007 ‘n doodgewone Suid Afrikaanse gesin toe die kloue en wurg greep van die resessie ons begin vernietig.
Ons het tot 2007 ‘n eiendomsbesigehid in die Kaap, Parow besit en toe die mark val maak ons die fout om dit in te lyf by Homenet Tygerberg, min wetende hul was besig om te sink. Nodeloos om te se na hul likwidasie was ons neseier ook op en het ons, huis en daarna ons motors verloor en sonder werk gesit. Ons het letterlik alles verloor wat ons besit. My dierbare 18 jarige kind en ek het depressie a.g.v als gekry en selfs ‘n selfmoordpoging gehad.Dit he tons byna heel gebreek, omdat hy nog nooit ‘n gespanne tipe kind was nie. Ekself en my man probeer so hard terug veg teen die resessie. Maar die ding is besig om ons gesin , ons en ons hele wese te vernietig. Dit het later al so sleg gegaan dat ons alles gedoen het , van tydelike werk, krale maak, enige iets verkoop. Ek moes alle waardevolle goed begin verkoop, soos onder andere my trouring ens.
‘n Eiendoms firma wat ook ‘n tak in Grootbrak het,was bewus van my bemarkings toekennings, en vra ons dus toe oornag om hul Grootbrak kantoor te kom oorneem. Ons het dit as groot uitkoms beskou maar was ook nie bewus van die feit dat hul Grootbrak kantoor al vir 2 jaar nie presteer nie. Ons het ‘n motor gaan “leen” vir ‘n week en ons goedjies gepak en vertrek na Hartenbos gebied. My seun Johan was aan die einde van sy gr. 11 jaar en moes inderhaas in die laaste kwartaal sy vakke verander na sy nuwe skool in Mosselbaai. Ons is innig dankbaar vir die geleendheid maar kan eerlik nie meer so aangaan nie. Ons woon nou in Reebok-Mosselbaai gebied. Die mark is nog baie swak en hul wil nou ons betrokke kantoor ook sluit.
Ons het sedert 2007 net geleidelik alles begin verloor en is nou op breekpunt.Ek het op ‘n dag ewe statig met my destydse Mercedes na ‘n Pandjieswinkel gery, nogal in ‘n alte fraai lemetjiegroen snyerspakkie, net om my trouring vir R150 te verkoop vir kos.So he tons geleidelik al ons aardse goed vir kos en “oorlewing” verkoop.
Ekself het geen familie meer wat ons kon bystaan nie en my man se ouers leef op een pensioen. My man se sussies en ander familie “glo” nie in depressie nie en het hul heel onttrek met die woorde”kom net daaroor en sit die word depressie uit jul kop” daar was dus ook nie bystand nie. As gevolg van ons ‘status wat ons verloor het, het ons ‘vriende ook van die aardbol afgeval! Dit was ook die rede hoekom ekself ‘n mislukte selfmoord poging pas na ons aankoms hier gehad het.
Die Vuurvliegie Projek- (armoede en emosionele steun-grootbrakrivier) en Solidariteitie-helpende hand gee vir ons kos pakkies. Die geleendhede in Mosselbaai omgewing is sefs nog minder as in die Kaap en ons kan mos nie aanmekaar verwag liefdadigheid moet vir ons kos gee nie. Ons wil ook nie ‘n “bitterheid” en “sorg vir ons” mentaliteit ontwikkel nie.
Huidiglik is ons gesamentlike pakket so laag dat ons net R700 oor het.
Daar is dus geen geld vir kos, petrol en normale lewe nie. Ons leef dus van liefdadigheid kos pakkies en dis erg vernederend, hoewel ons bitter dankbaar en nederig leer word het in die proses. Ons wil glad nie meer in die eiendombedryf wees nie.
Alex is baie sterk op admin, logistiek, klientediens ens. Ek is in Bemarking en het al 7 toekennings op die gebied verwerf en is ook as ‘n Persoonlike Assistant gekwalifiseerd en sterk op baie admin gebiede.
Ek kry tans brading by AGS Mosselbaai se Pastoor Pieter de Bruyn asook my seun by Pastoor Jonny . Maar weet jy vir die eerste keer verstaan ek hoekom gesinne “gesins-moord” pleeg. Ons het dit al oorweeg, maar op genade nog nie sover gegaan nie.
Ons moet regtig net vinnig iets anders kry, voor ons heel ten gronde gaan.
Ek het self vir Helen Zille ‘n brief gestuur omdat daar tans 2 baie goeie aansoeke by Mosselbaai Munisipaleteit vir ‘n pos vir my man as Voorman/besuurder Sanitere department en Krediteure klerk vir my,maar ons het nog niks gehoor nie en hulle antwoord ook nie my epos nie want hul dink seker die vrou is totaal van lotjie getik.
As jy dus ooit van iets in die Tuin Roete hoor of dit noem aan kennisse, vir moontlike betrekkings, laat my tog weet.
Hartlike groete
Petro Kotze
084 881 71 50
Isabel se kommentaar:
July 17th, 2010 at 10:13 am
Hi Susan, Hoop jy onthou my nog. Het so pas Petro se brief gelees. Dink jy ons kan iets doen om haar te help. Laat weet gerus. GROETE Isabel, George
Dirki van Niekerk se kommentaar:
July 22nd, 2010 at 1:11 pm
Hi Susan,
Ek het tot hede nog nie die finesse tydskrif gelees nie ons kry gewoonlik Leef maar gaan beslis by die finesse garde aansluit. Ek het regtig innige meegevoel met die leser hier bo!
My seun is twee jaar gelede in ‘n baie ernstige motorongeluk breinbeseer, sedertdien het sy vrou hom verlaat, en is reeds weer getroud, hy het sy huis, sy werk sy voertuig, sy gesondheid en alles wat hy besit in die proses verloor. Hy probeer hard om weer ‘n inkomste te genereer maar weens sy gestremdheid wil niemand hom ‘n kans bied nie, nie eens om blomme te lewer of welke geringe taak nie, ek vertrou dat die regte persoon nog sal kom om die Here se belofte te volbring en weer sy lewe menswaardig maak. Sy kinders besoek ons op ‘n gereelde basis soos wat dit maar met egskeidings gaan elke 2de naweek en elke alternatiewe skoolvakansie, ongelukkig verg dit elke druppel wat hy verdien van die tydelike pensioen om hulle hier en weer tuis te besorg. Hy woon tans by ons in en word daar van hom verlang om hospitaalrekening ten etlike duisende rande te betaal terwyl hy geen eis gehad het nie. Die persoon wat die voertuig bestuur het is oorlede in die ongeluk en het geen klousile gehad om hom te beskerm as passasier nie. Hy volstaan om steeds niks van sy vriend se boedel te eis nie. (jy kan nie aanspreeklik wees vir wat die lewe jou toevoeg nie) Al raad wat ek aan enige persoon kan gee, as vriende, dokters en familie jou in die steek laat… die korste pad is GEBED na God, sonder Hom sou ons ook nie kon staande bly nie. My kind hartseer is onmoontlik om te aanskou!! Ek het gelukkig weer voltydse werk gekry en my Moeder wat semi bedlêend is, is by ons tuis. Sy lewer ook ‘n bydrae. Ek kan met Groot Dankbaarheid sê ons het ‘n Wonderlike God van Wonders!! Ons het liefde en lewe en Geluk in ons Huis wat Jesus woon saam met ons daar!! Hou moed liewe vriendin en bly vertrou moet nie moed verloor nie kyk op en daar sal uitkoms op een of ander manier wees. Om beskeie te lewe is nie ‘n skande nie en geld maak nie van jou ‘n beter mens nie. Petro hou moed, staan op en vertrou op Hom!! Ek dink ook in my beskeie gebede aan julle en vertrou uitkoms sal spoedig ook vir hulle kom.
Petro se kommentaar:
July 26th, 2010 at 12:59 pm
Hallo Susan
Baie dankie vir die Blog waar ek op 14 Julie 2010 net my hart kon uitpraat. ‘n Judy – leser het my begin sms en praat my gereeld moed in.
Dankie Finesse, en dankie Judy, God gebruik jul nou in my lewe.
Petro
0848817150
Petro se kommentaar:
July 29th, 2010 at 10:06 am
Hallo Dirki van Niekerk.
Baie dankie vir jou kommentaar. Ja dit maak my net dankbaar, want ons het nog ons gesondheid. Ek en my man ervaar baie geestelike aanvalle omdat ons God se kinders is. Jare gelede het ons ‘n beradingskursus gedoen maar nie verder gegaan nie en nou terwyl ons so stukkend is, is ons genooi na weer so kursus oor o.a emosionele genesing, maar eintlik oor Satanisme. En ja ek glo God gaan my gebruik om met veral Bipolere depresielyers te werk. Dankie nogmaals. Ons vertou soos nog nooit tevore nie.Petro 084 881 7150