ek sê …
150 uitgawes? Ja, jy hou sowaar die 150ste FINESSE vas. Ek het angstig en opgewonde saamgewerk aan ons eerste uitgawe in 1998.
Marelise Steyn was op die voorblad, Marike de Klerk het oor haar egskeiding gesels en Madelein van Biljon het ’n groot herrie ontlok met haar openlike erkenning dat sy nie glo nie.
Intussen was daar baie hoogtepunte en natuurlik laagtepunte ook. As dieetkundige, met baie min ondervinding van joernalistiek en die mediawêreld, was die geboorte en groei van FINESSE vir my ’n redelike uitdaging.
Maar ek weet vandag dat FINESSE julle harte raak. Dat ons lewens verander.
Want julle vertel dit elke dag vir my. En dít gee my hoendervleis. Ons het geen beter rede nodig om hierdie geleentheid met glans en glorie te vier nie!
Vir my was pêrels nog altyd die simbool van klassieke glans, wysheid en egtheid … En daarom het ons besluit om hierdie uitgawe aan te bied as 150 pêrels van wysheid – spesiaal vir jou! Dink net hoe besonders jy sal voel met 150 perfekte ronde, egte pêrels om jou nek. Elkeen ’n geskenk van iemand wat jou inspireer?
Jy sal dit koester, weer en weer dra, en elke keer soos ’n koningin voel wanneer jy dit om jou nek hang. Dit is hoe hierdie uitgawe ook is – jy sal dit vir ewig en altyd wil hou – jou eie versamelstuk. Want die tips wat jy in dié FINESSE kry, is tydloos mooi. Dis lewensveranderend!
Net so lewensveranderend dit vir my was die dag toe ek regtig besef het dat dit wat ek dink, my hele lewe bepaal! As ek negatiewe en swartgallige dinge dink, is dit hoe ek voel, en dan is dit hoe my lewe lyk. Maar wanneer ek positief is en mooi gedagtes dink, vloei dit ook deur na my lewe en na die mense om my. Dit wat ek dink, bepaal of ek met ’n frons of ’n glimlag deur die lewe gaan. Carlos Castaneda beaam dit: “We either make ourselves happy or miserable. The amount of work is the same.”
Ek hoop dat elke bladsy in hierdie 150ste uitgawe van FINESSE jou gedagtes sal verfris, en dat jy die lewenslesse daarin soos ’n string egte pêrels om jou nek sal hang, vir almal om te bewonder.
Venessa


Jaco Thom se Bybelroman oor
Mr WordPress se kommentaar:
March 18th, 2010 at 12:32 pm
Hi, this is a comment.
To delete a comment, just log in and view the post's comments. There you will have the option to edit or delete them.