Vertel my Meer

Wat is die Finesse boekklub?

Inspirasie wat die sak pas!
Elke maand kies die Finesse Redaksie ’n boek wat ons weet elke vrou se hart sal raak en lewe sal verander! Maar met die ekonomie wat knyp, wee tons boeke koop is ’n luuksheid…
Daarom is hierdie boek van die maand teen 50% afslag op www.carpediem.co.za beskikbaar!
Maak jou stem dik!
Ons wil dan ook graag jóú opinie oor ons boeke hoor! Hou dus elke maand jou Finesse dop of besoek ons webwerf om te kyk watter boek jy dié maand kan resenseer.
Jy het dan ’n maand kans om die boek saam met jou vriendinne te lees, dit te bespreek en jul resensie saam met ’n foto vir ons in te stuur. Julle boekklub staan dan die kans om soos wafferse resensente op Finesse se glansblaaie te pryk!

Lewer Resensie!

Lewer hier Resensie

Bly vriendelik. Hou dit skoon. Bly op die onderwerp. Geen "spam".

Velde met 'n (*) gemerk is verpligtend