Byeenkoms vir Finesse 4:12 Meisies

Meisies kan ’n verskil maak! Simoné Nortmann, Johan Smith, Janine Truter en Karmen Wiid gesels met meisies oor hulle harte, die wêreld en die belangrikheid van hulle roeping.

Negatiewe stereotipes oor jongmense is ’n probleem. Ons hang soms etikette soos onverantwoordelik, roekeloos, rebels of ongemanierd om ’n meisie se nek. Selfs met haar opinies en soms vreemde gedrag is hierdie meisie egter steeds in ’n positiewe rigting op pad.

Meisies kán ’n verskil maak

Jongmense is op soek na ’n plek in die wêreld waar hulle kan saak maak. Kampe en praatjies fokus dikwels op alles wat hulle nie moet doen nie, in plaas van om met hulle te praat oor wat hulle moet doen.

Jou dogter is op ’n ouderdom waar sy baie vrae het en waar daar dikwels op haar neergesien word, maar dit beteken nie dat sy nie die vermoë of potensiaal het om ’n verskil te maak daar waar sy is nie!

Die meeste meisies kry nie die tools, leiding en waarheid wat hulle nodig het om ’n verskil te maak nie. Hulle voel dikwels alleen, verlore en minderwaardig en is honger vir iets méér, maar het nie ’n idee waar om te soek nie.
Die hartseer is dat daardie soeke ’n gaping laat wat deur een of ander wêreldse ding gevul gaan word as hulle nie die regte leiding kry nie.

lyn_3.png

Wie tree almal op?

SIMONÉ NORTMANN
 
JOHAN SMITH
KARMEN WIID
JANINE TRUTER
 
BOUWER BOSCH  

lyn_3.png

Bespreek nou

DATUM: Saterdag 27 Mei
PLEK: Kerksondermure, Centurion
TYD: 09:00–13:30
OUDERDOM: Tieners

SPESIALE AANBOD! Bring 3 vriendinne en betaal slegs R200!

KLIEK HIER om jou kaartjie te koop

 

 

 

 

Website Security Test