Net-vir-die-Girls bootreis 2017

Volgende jaar is ons bootreis groter as ooit. Ons vier sewe jaar van pret en inspirasie saam met 7 bekendes. Natuurlik is jy ook genooi!

Ons bring sewe celebs op hierdie 7de bootreis en wil die MSC Sinfonia met 2 500 girls volmaak! As jy nog nie die bootreis beleef het nie, is 3 tot 6 Maart 2017 die ideale tyd vir jou en jou vriendinne om in die pret te kom deel! Vir ou Finesse-reismiere, jou kaartjie lê reeds en wag om opgeraap te word.

Maak reg vir ’n opwindende reis vanaf Durban na die Portugese Eiland, gelaai met aksie, inspirasie, musiek, komedie en geestelike pitkos. Kom luister na Sorina Erasmus en Jak de Priester se treffers, Gretha Wiid wat inspireer, Susan Coetzer met haar gewilde eenvrouvertoning, Koek en Tert. Tracey Lange (BRAVO!), Nadia Beukes (voormalige aanbieder van Boer soek ’n vrou) en Venessa Schoeman (van Finesse) is ook daar.

KLIEK HIER VIR 7 REDES WAAROM JY MOET SAAMKOM ››

lyn_3.png

Wie gaan daar wees?

 

SORINA ERASMUS   JAK DE PRIESTER   GRETHA WIID   SUSAN COETZER
TRACEY LANGE   NADIA BEUKES   VENESSA SCHOEMAN       

 

lyn_3.png

Bespreek jou plek

Met jou kaartjie kan jy soveel eet as wat jy wil, al die vermaak en vertonings op die boot geniet, swem, dans en by die Portugese Eiland afklim. Skakel MSC direk by 011 807 5111 vir die nuutste pryse en kajuite.
Onthou om te sê dat jy vir Finesse se bootreis wil bespreek. As deel van die Finesse groep kry jy ’n geskenksakkie en toegang tot die kunstenaars se vertonings.

lyn_3.png

Jy kan ook aanlyn bespreek deur hier te kliek.

Maak seker jy kliek op die Finesse Cruise, anders gaan jy uitmis op belangrike kommunikasie.

Vir meer inligting stuur ’n epos na bootreis@finessemag.co.za.

lyn_3.png

Net-vir-die-Girls 2016 foto's

Kliek hier vir foto-album 1
Kliek hier vir foto-album 2

lyn_3.png

Die wenner van die Augustus bootreis kompetisie is Jeanette Edwardes.

lyn_3.png

 

 

kommentaar (10)

  • Rialda Pretorius (kommentaar)

    Goeie middag,

     

    Hoe werk die fooie en die korting ens? Ons is 'n paar dames wat graag saam wil gaan, maar sal graag voor die tyd van fooie ens wil weet.

     

    Dankie!

    Rialda

  • Martie 1 (kommentaar)

     

    More

    Ek wou bitter graag saam reis op die boot.  het vanoggend geskakel om te bespreek.  'n Binne kajuit gedeel met 2 ander is R6868.33 per persoon.  Dit sluit die korting in.  Is dit moontlik?

    ek wil so graag myself en 2 dogters bederf.

    Liefde

    Martie 1

     

     

  • Trix Hand (kommentaar)

    Goeie dag!

     

    Ek het nou net MSC geskakel; en hulle het gesê die goedkoopste binne kajuit vir 2 is R14000+; dit na die afslag.

     

    In jul tydskrif wys dit R4000 en R5650 vir 2 persone wat deel.

     

    Kan julle my asb meer inligtig gee?

     

    Ek en my suster; Ansie; wou baie graag gaan; maar die R14000+ is darem net té duur.

     

    In afwagting op jul antwoord!

     

    Groete 

     

    Trix

  • Sumari (kommentaar)

    Goeiedag

    Ek wil vir my en my vriendin baie graag bespreek vir die bootreis. Ons kyk al lank daarna om te bespreek maar om onvoorsiene redes kon ons nou eers die geld opsy sit en nou sien ek dat die pryse opgegaan het.

    Indien enige iemand kaartjies wil verkoop teen die afslagtarrief sal ek dit graag oorkoop.

    Sel nr: 0848800158

  • Liezl Muller (kommentaar)

    Hi julle, ek moes weens omstandighede my bootreis kanselleer, maar nou sit ek met 'n reeds bespreekte en betaalde vliegtuig kaartjie deur Mango, vanaf Kaapstad na Durban, retoer. Die details is as volg:
    Kaastad na Durban, Donderdag 2 Mar 2017, 15:00 en land 16:55
    Durban na Kaapstad, Maandag 6 Mar 2017, 19:10 en land 21:25
    Kaartjie was R1494.00
    Daar kan 'n "name change" gemaak word vir R290 of 'n "date change" vir R370.
    As iemand dalk net name change wil doen, sal ek daardie koste betaal van R290, dan betaal u net my kaartjie asb.
    Die vlug soontoe is vir die aand voor vertrek, aangesien die boot mos al vroeg vertrek.
    Indien enige iemand belangstel hierin, kontak my gerus op 0834599311.

  • Anri Fourie (kommentaar)

    middag. kan iemand dalk vir my se hoe laat veryrek die boot op die 3de of waar kan ek die inligting opspoor

  • Amanda Delport (kommentaar)

    Ons is 3 vriendinne wat wil gaan maar wil net een cabin boek.

  • admin

    Hi Amanda, dit is reg so. Julle kan 'n 4-bed kajuit bespreek.

  • Maryna kryger (kommentaar)

    Wat as ek dit dalk nie kan maak nie! Kan my dogter n vrivriendin iin mynplek saam neem?

  • admin

    Hi Maryna, ja iemand anders kan in jou plek gaan. Julle reël dit met MSC en daar is 'n bybetaling.

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.
CAPTCHA
Hierdie vraag is om te toets of jy ’n persoon is om outomatiese "spam" inskrywings te voorkom.
Image CAPTCHA
Website Security Test