Jou vrees...

by Blogger - Gerjo Ben van der Merwe / Jul 25, 2017 / 0 Kommentaar / Gelees deur 50 mense.

Jesus hoor die verdoemende nuus wat aan Jaïrus dat sy dogtertjie dood is. Hy sien die impak daarvan op die man. Hy sien hoe iemand die finaliteit van die lewe in die oë staar en hoe geskok hy is.

Dan sê Jesus: Luk. 8:50 ... “Moenie jou ontstel nie. Hou maar net aan glo. Jou dogter sal regkom.”

Jesus kom bring ’n straaltjie hoop. Jesus kom bou ’n brug, ’n ander brug. Nee, nie ’n brug om die gat wat daar ontstaan het te probeer oorkom of om jou te leer om met die gat in jou lewe saam te leef nie. Nee, ’n brug van hoop dat die lewe nie opgehou het nie, maar juis aangaan. Die brug is ’n brug van geloof.

Jesus sê dat jy jou nie moet ontstel nie, want eintlik is ’n wonderwerk op pad om te gebeur. Die Wetenskap sê die einde het gekom. Die harde feite van die werklikheid het ingeskop, maar Jesus sê: “Moet jou nie daaraan steur nie. Glo eerder dat ’n wonderwerk jou in die oë staar.” Don’t fear when Jesus is near.

Soveel keer het ons al gepraat oor geloof, en tog, wanneer ons met sulke tragedies, soveel onoorkomelike obstruksies, in ons lewe gekonfronteer word, is ons onseker of ons geloof dik genoeg gaan wees.

Want sien, die mense om ons vertel ons net van die werklikheid wat ons in die oë staar. Daar is soveel mense met ’n sterk geloof wat op die ou end oorrompel word deur die werklikheid. Wie is ek dan om anders te glo? Wie is ek dan om te dink my geloof gaan my deur die dal van doodse skaduwee neem?

Ek wens ek het die antwoord op al die vrae. Maar ek het nie. Tog hoor ek hier ’n opdrag van Jesus. Glo en glo net. Wag en kyk dan wat gebeur. Dalk moet ons dit ’n go gee. Jesus sal ons hand vat en teen alle verwagtinge in, sal Hy ons help.

  • Blogger - Gerjo Ben van der Merwe

    Gerjo Ben van der Merwe vertel dat hy ‘n jaar of wat langer op Stellenbosch was, omdat swot nie sy beste vak was nie. ‘n Roeping vir Teologie - dié het hy gehad, maar geen roeping vir predikant-word nie. Hy was daarom eers 'n boer en besigheidsman, maar nou is hy 'n teerstraatpredikant waar hy God se Woord in vandag se woorde bring. Hy en sy vrou, Renata, staan aan die stuur van www.kruispad.com. Sketse by blogs: frans@vespagetti.co.za

kommentaar (0)

Lewer Kommentaar

To prevent automated spam submissions leave this field empty.